Apple nou 100% groen
Apple het Maandag gesê dat al sy fasiliteite, insluitende sy datasentrums, kantore en winkels wêreldwyd, deur hernubare groenkrag aangedryf word.
Sonpanele en windkrag is van die vernaamste kragbronne wat ingespan word.
Die maatskappy kon ook daarin slaag om nog nege van sy verskaffers daarvan te oortuig om hul fasiliteite ook na hernubare energie oor te skakel. Dit bring die totale getal maatskappye wat in Apple se voetspore volg, op 23 te staan.
Groot Amerikaanse maatskappye, soos Apple, Wal-Mart en Google, het van die land se grootste kopers van hernubare vorme van energie geword, wat dié sektor ’n stewige hupstoot gegee het.
Google het in 2017 genoeg hernubare energie gekoop om in sy totale elektrisiteitsverbruik wêreldwyd te voorsien.
Die koste van hierdie tipe energie, insluitende son- en windkrag, is steeds besig om te daal namate vooruitgang gemaak word met die tegnologie.
“Ons bestee nie meer as wat ons hoef te bestee nie,” sê Lisa Jackson, Apple se adjunkhoof vir omgewingsake, beleid en maatskaplike aansporing.
“Ons pluk die vrugte van ’n toenemend mededingende mark vir skoon energie.”
Apple verkry sy hernubare energie onder meer van enorme windplase in Amerika en sonpanele gemonteer op die dakke van honderde geboue in Singapoer en Japan.
Die maatskappy moedig ook kragvoorsieners aan om hernubare energiebronne te benut om Apple te help om sy fasiliteite van krag te voorsien.
Jackson het ook bevestig dat enige verskaffer wat bereid is om 100% hernubare energie in te span, deur Apple beloon sal word. Volgens haar sal die tegnologiereus veel eerder sake met só ’n maatskappy doen as met enige ander maatskappy.
“Ons maak dit duidelik dat dit mettertyd ’n vereiste en nie net ’n item op ons wenslysie gaan wees nie.” - Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie