Apple se beste kwartaal nu00f3g
Apple se beste kwartaal nu00f3g

Apple se beste kwartaal nóg

Al hoe meer mense maak ook gebruik van Apple se musiekstromingsdiens, Apple Music, en sy wolkdiens, iCloud.
Petrus Malherbe

Apple het selfs Wall Street se stoutste verwagtinge oortref met die kwartaalsyfers wat hy dié week uitgereik het.

Die wêreld se grootste maatskappy volgens markwaarde se inkomste oor die laaste drie maande beloop US$53,3 miljard, ’n hele miljard meer as wat verwag is.

Dit is Apple se beste kwartaal nóg, al het die maatskappy se nuutste vlagskipfoon swakker verkoop as verwag.

Sy inkomste is wel stewig aangevul deur goeie verkope in die app-winkel en op iTunes.

Al hoe meer mense maak ook gebruik van Apple se musiekstromingsdiens, Apple Music, en sy wolkdiens, iCloud.

Die maatskappy se verdienste per aandeel beloop US$2,34, 40% hoër as ’n jaar gelede, terwyl die maatskappy nou 60% van sy inkomste buite Amerika verdien.

“Ons is baie opgewonde om Apple se beste kwartaal nóg aan te kondig, en die vierde agtereenvolgende kwartaal met groei van hoër as 10%,” het Tim Cook, Apple se uitvoerende hoof, gesê.

Die maatskappy se inkomste het met 17% gestyg vergeleke met dieselfde kwartaal verlede jaar.

Apple se aandeelprys het Dinsdag ná die resultate-aankondiging met 3,7% gestyg tot ’n nuwe rekordhoogtepunt van US$197,34. Dit bring die maatskappy se totale markwaarde op ’n astronomiese US$954 miljard te staan.

Sodra die aandeelprys US$206,49 bereik, sal Apple die eerste openbare maatskappy in Amerika word met ’n markwaarde van meer as US$1 000 miljard, berig Reuters.

iPhone-verkope stel teleur

Slimfoonverkope het egter effens teleurgestel. Volgens sy kwartaalverslag het Apple 41,3 miljoen iPhones van die hand gesit, ’n halfmiljoen minder as verwag.

Die gemiddelde prys per toestel is egter US$30 hoër as verwag op US$724. Dit beteken gebruikers het dit tog verkies om meer van Apple se duurder iPhones, soos die peperduur iPhone X wat US$999 kos, te koop.

Inkomste uit die maatskappy se bykomende dienste soos Apple Music en iCloud het ook met 31% gestyg tot US$9,55 miljard.

Dan lyk die toekoms ook blink. Apple het onlangs sy nuwe MacBook Pro bekend gestel en sal na verwagting teen einde Oktober drie nuwe iPhones bekend stel.

Ontleders voorspel ’n inkomste van tussen US$60 miljard en US$62 miljard vir volgende kwartaal. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!