Applous vir Nathalia
Applous vir Nathalia

Applous vir Nathalia

Dani Booysen
Die feit dat me. Nathalia /Goagoses in protes nie langer bereid is om die probleme en politiek toe te smeer wat ­Rehoboth as dorp ondermyn nie, verdien simpatie.

Dit kom nadat sy vir 'n jaar en half volgens haar ondanks al haar kundigheid en pogings nie 'n ministeriële taak kon afhandel om die sukkeldorp se bestuur reg te ruk nie.

Gedurende hierdie hele tyd was /Goagoses meer deursigtig as wat van baie leiers in die land gesê kan word. Selfs die wat bo haar dien. Natuurlik kon sy nie altyd presies uitlap wat al die hindernisse was nie.

Nou het die gerekende administrateur besluit sy sal nie haar gewete verkrag deur toe te staan en te kyk hoe almal met geraamtes in dié dorpskas skotvry daarvan afkom nie. Ons hoop sy het die moed van die oortuiging om soos sy onderneem het binnekort met die hele sak suur patats vorendag te kom.

Namibiërs verkies eers weer in 2020 nuwe streekrade en plaaslike owerhede, maar die afgelope jare se chaos in baie munisipaliteite kan reeds vanjaar gevolge by die stembus hê. Kiesuitslae op onder meer Rehoboth is dus van die om fyn dop te hou.

Daar is vir baie jare hard aan desentralisering gewerk, maar die sentrale regering en Swapo as regerende party slaan meestal steeds die bestuurskitaar se finale snaar. Net soos ons nou reeds sterker opposisie as teenwig benodig, sal meer lewenskragtige politiek in streke en dorpe ook volgende jaar die hele land se beste belange dien.



So sê ander

29 Oktober 2019



At the end of June 2014 Abu Bakr al-Baghdadi was announced as a caliph of all muslims.

Baghdadi, the latest leader of so-called Islamic State, had made a name for his group with a murderous reign of terror culminating in the shock fall of the city of Mosul.

His claims were followed by a campaign of genocide, slavery, rape and ultra-violence against Muslims primarily.

The world's most-wanted ­terrorist ended his life as a fugitive who decided that he would kill himself rather than surrender to justice.

Unfortunately, Donald Trump could not resist the opportunity to make a series of questionable statements and promote himself.

It would help first to get the facts straight, instead of shrouding them in the “fog of war”.

The US will need all the help it can get to defeat terrorism in the Middle East. The death of Baghdadi is a blow to Isis but not a mortal one.

While the Middle East is embroiled in a vicious cycle of crisis, the world will be cursed by terrorism. There needs to be a serious attempt to transcend the religious, nationalist and ethnic schisms in the region.

Economic and political modernisation, forgiveness and peace would help lay ghosts to rest.

That is what the world needs to be working towards now.

• THE GUARDIAN

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!