April-reu00ebn bring uitkoms vir sommige
April-reu00ebn bring uitkoms vir sommige

April-reën bring uitkoms vir sommige

Sekere gebiede loop steeds onder droogte deur.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Die 2017-’18-reënseisoen het op ‘n hoë noot afgesluit toe die meeste Noorde-streke en gebiede rondom Windhoek, plaas Monica in die Omahekestreek, Gibeon en Ariamsvlei bogemiddelde reën in April ontvang het.

Volgens 'n verslag wat deur die ministerie van werke en vervoer se metereologiese afdeling uitgereik is, het gebiede rondom Ondobe, Okahao, Rupara, Grootfontein, Okahandja en die grootste dele van die ||Kharasstreek egter ondergemiddelde reën in April ontvang.

Die reënseisoen het op dieselfde tyd as gewoonlik oor die Zambezistreek begin, maar het vir die grootste deel van die seisoen weggebly.

Dit het slegs in die laaste 10 dae van Januarie verbeter.

In Februarie het hierdie gebied tussen 40 en 70% van sy totale seisoenale reën ontvang. In die meeste gevalle het die Zambezistreek in die algemeen normale reëns vir die seisoen ontvang.

In die Kavangostreek was die reënseisoen bietjie meer as ‘n maand laat. Dit het eers aan die begin van Desember begin reën, maar vir die groter deel van die seisoen het dit nie gereën nie.

Die noordelike dele van Kavango-Oos het 100 mm minder as gewoonlik ontvang, terwyl die Mpungu-gebied tot by Ncaute sowat 60 mm meer reën as gewoonlik ontvang het.

Die sentrale noorde van die land het ook nie ‘n goeie reënseisoen agter die rug nie en neerslae was vir die grootste deel van die seisoen skaars.

Tussen 40% en 80% van die seisoenale reën is tussen Maart en April in hierdie gebiede ontvang.

Gebiede rondom Okahao, Onaanda, Omuntele, Onyaanya en Onankali het die seisoen afgesluit met tussen 85 tot 167 mm minder reën as wat hulle onder normale omstandighede ontvang.

Die grootste gedeelte van die ||Kharasstreek, westelike Hardapstreek, dele van die Erongo- en Kunenestreek, asook gebiede rondom Witvlei en Rehoboth het vel minder reën as normaalweg ontvang (-60%).

Die grootste tekort aan reën buite die Noorde se gewasproduserende gebiede is by Witvlei aangeteken, daarna by Omatjette en plaas Noas in die ||Kharasstreek.

Van hierdie gebiede het slegs ‘n derde van hul seisoenale reën ontvang en word deur droogte geteister.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!