APS gee jeug nóg geleenthede
Krieket
Tielman van Lill – Africa Personnel Services (APS) het Vrydagnamiddag by die Affies-krieketveld in Pionierspark 'n T20-wedstryd vir o.16-spelers aangebied.
Die twee spanne wat uit spelers van Krieket Namibië se akademie saamgestel is, het die dag gebruik om hul vernuf in die blitsweergawe van die sport op te skerp.
Gerhard Janse van Rensburg (32) en Ben Burger (27) was die toplopiemakers, terwyl Michael Feely se 2 paaltjies vir 15 lopies in 4 boulbeurte hom die voorste bouler maak.
Span 1 het eerste gekolf en daarin geslaag om 127 lopies vir die verlies van vyf paaltjies in 20 bb teen die gemiddelde tempo van 6.35 lopies per boulbeurt aan te teken.
Span 2 kon egter net met 101/8 teen 5.05 in sy 20 toegelate boulbeurte antwoord en buig die knie met 26 lopies. Hul totaal sluit 22 ekstras in.
Vir Span 1 het Michael Feely (2 van 6 balle), Dylan Leicher (14 van 16, 3x4), Hansie de Villiers (24* van 45), Gerhard Janse van Rensburg (32 van 31, 3x4, 1x6), Alexander Volschenk (1 van 4) en Henry van Wyk (22* van 20, 2x4) plus 33 ekstras die 127 op die telbord geplaas.
Vir Span 2 laat kantel Wicus van Wyk, Zacheo Jansen van Vuuren, Hanro Badenhorst, PD Blignaut en Lu-Hendro de Waal elkeen een paaltjie.
LOPIES
Span 2 se lopies kom van Zacheo Jansen van Vuuren (4 van 11), Drikus Pearson (10 van 21), Dirk Theunissen (5 van 4), Ben Burger (27 van 33), Lu-Hendro de Waal (20 van 16, 2x4), Christo Bronkhorst (4 van 6), Wicus van Wyk (4 van 12), PD Blignaut (4* van 10) en Zander Smith (2 van 8).
Span 1 se suksesvolle boulers is Michael Feely (2), terwyl Jack Parker, Hansie de Villiers, Dian Jacobs, Alexander Volschenk en Ryan Moffett elk een slagoffer bewerkstellig.
• Saterdag was dit die beurt van die o.13-spelers om hul slag in 'n APS-botsing by Affiespark te wys, waar Span 2 met nege paaltjies seëvier. Die formaat was tydkrieket, ná elke span se eerste kolfbeurt van 30 boulbeurte.
Abri Oberholzer (20* van 41 balle, 1x4) vaar die beste in Span 1 se eerste kolfbeurt (74/9), voordat Waldo Smith die aanslag van Span 2 (130 almal uit) lei met sy 23 van 44 balle.
Henry Grant was die groot gevaar as mediumbouler vir Span 2, met vier paaltjies vir 10 lopies in 4 bb.
Vir Span 1 blink Sebastian Badenhorst (3/22 in 4 bb) met die bal uit.
Tweede kolfbeurte: Span 1 (88/6, Matthys Nel 17). Span 2 (33/1).
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie