Apteke oor pryse ondersoek
Die Aptekersvereniging van Namibië (PSN) sê toepaslike kostestrukture is ontwerp om die publiek teen uitbuiting en misbruik te beskerm.
Henriette Lamprecht
Prysvasstelling deur meer as 200 geregistreerde apteke in Namibië, sowel as die Aptekersvereniging van Namibië (PSN), word deur Namibië se mededingingskommissie (NACC) ondersoek.
Die ondersoek spruit voort uit beweringe dat die PSN as 'n vrywillige vereniging van aptekers 'n reël het wat van apteke vereis om 'n eenvormige wins van 50% op medisyne te hê.
Volgens inligting wat aan die kommissie verskaf is, pas die PSN die 50%-verpligting streng toe.
Apteke word voorts gewaarsku oor moontlike sanksies sou hulle “etiese reëls oorskry”, en maak hulle sodoende skuldig aan “werwing” sou hulle van die 50%-verpligting afwyk.
Die kommissie sê in 'n verklaring apteke wat voorheen afgewyk het van die 50%-verpligting is aan ondersoeke en dissiplinêre stappe deur die PSN onderwerp.
VERBODE
Volgens die kommissie word prysvasstelling deur die wet op mededinging verbied.
“Die daarstelling van 'n eenvormige prys tussen apteke wat veronderstel is om met mekaar mee te ding, wek kommer oor die verbruiker se welstand, omdat dit prysmededinging verwyder en die keuse van produkte vir verbruikers verminder,” lui die verklaring.
Dit sê voorts wanneer pryse deur kompeterende aptekers vasgestel word, verbruikers geen ander keuse het as om die vasgestelde prys te betaal nie.
Dít verminder druk op apteke om die prys van medisyne te verlaag, en kan gevolglik lei tot “ongeregverdigde en verhoogde verbruikerskoste”, wat uiteindelik toegang tot bekostigbare gesondheidsorg belemmer.
Volgens die kommissie is dit steeds besig om al die toepaslike inligting vir die ondersoek in te samel en is 'n kennisgewing van ondersoek op die PSN sowel as die betrokke apteke bedien.
Dié partye het 30 werksdae om voorleggings verwant aan die ondersoek aan die kommissie voor te lê.
Die kommissie sal na afloop van die ondersoek en hangende die bewyse vasstel of die verwante bepaling van die wet op mededinging oortree is.
Intussen het die PSN in 'n verklaring bevestig 203 apteke in Namibië, waarvan die meeste lede van die PSN is, onlangs kennis van die kommissie gekry het dat 'n formele ondersoek in terme van artikel 33 van die wet op mededinging van stapel gestuur is.
Volgens die vereniging is hy nie van plan om “die saak van ons lede in die openbaar en by wyse van die media” te stel nie.
“Ons sal gebruik maak van die statutêre reg van ons lede en die vereniging om formeel en volledig te antwoord op die bewerings,” lui die verklaring.
Die PSN het egter die publiek die versekering gegee dat die bron van die klagtes teen die vereniging en sy lede “in die opinie van die uitvoerende komitee 'n bona fide misverstand oor die presiese werking van die toepaslike kostestrukture en die redes daarvoor is”.
Volgens die verklaring is die toepaslike kostestrukture “spesifiek so ontwerp om die algemene publiek teen uitbuiting en misbruik te beskerm”.
Die PSN sê voorts op advies van hul regspan “wanneer al die feite oor die kwessie aan die lig gebring word, sal die prysstrukture van Namibiese apteke nie net wettig nie, maar ook regverdig bevind word”.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie