Aptekers wen saak oor medisynelys
Die gesondheidsministerie en die Medisynebeheerraad moet die regskoste betaal.
Henriette Lamprecht - Medikasie met kodeïen, entstowwe, vitamiene A, B, C, D en K, water vir inspuitings asook inspuitings gelys op ’n ander skedule is nou weer sonder ’n voorskrif aan die publiek beskikbaar.
Dit volg nadat ’n skikking tussen die Aptekersvereniging van Namibië (PSN) as applikante en die Namibiese Medisynebeheerraad (NMRC) en die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) in die hoërhof bereik is dat ’n besluit tersyde gestel word dat bogenoemde middele slegs met ’n voorskrif beskikbaar is.
Volgens die hofbevel moet MoHSS en die NMRC ook die koste van N$630 000 van die aansoek wat deur die PSN en sy visevoorsitter mnr. Ulrich Ritter gebring is, binne 90 dae aan laasgenoemde partye se regsverteenwoordigers betaal.
Die PSN het by monde van Ritter en aptekers, as die “stem van georganiseerde aptekerswese in Namibië”, ’n beroep op alle pasiënte en diensverskaffers in die land gedoen om die wetgewende verandering “op ’n verantwoordelike manier” te ontvang.
“Ons pogings is om medisyne waar nodig aan pasiënte beskikbaar te stel, maar om ook terselfdertyd die gepaste, verantwoordelike en veilige gebruik van medisynes te bevorder,” het Ritter gesê.
PSN verteenwoordig die meerderheid private aptekers in die land en het ’n ledetal van sowat 500 geregistreerde aptekers.
Volgens Ritter speel die vereniging se lede ’n deurslaggewende rol in die gemeenskappe wat hul oraloor Namibië dien. Gemeenskapsapteke dra ook volgens hom by tot die verantwoordelike dispensering van goedkoop en doeltreffende pynstillers wat kodeïen bevat.
“Tot ons lede en die verskaffers van mediese dienste se verbasing het die destydse minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS), dr. Bernard Haufiku, ’n verandering aangekondig in die skedulering van alle produkte wat kodeïen bevat, sowel as die gebruik van sekere ander middele insluitend entstowwe en vitamiene, wat meegebring het dit dat net op voorskrif beskikbaar is,” verduidelik Ritter.
Hierdie“ongelukkige” besluit deur die Medisynebeheerraad (NMRC) in samewerking met die oudminister het volgens Ritter daartoe gelei dat toegang tot bogenoemde middele deur gemarginaliseerde lede van die gemeenskap verwyder is wat nie ’n konsultasiefooi by ’n dokter kan bekostig om eerstens ’n voorskrif te kry en laastens daarvoor te moet betaal nie.
“Effektief is hulle toegang tot hierdie relatief goedkoop medisyne geweier.”
Volgens Ritter is die wysigings gemaak sonder dat studies uitgevoer is oor die voorkoms van gebruik in ’n Namibiese landskap. Ook is die PSN en ander prominente rolspelers nooit in die proses geken wat tot die nuwe regulasie en herskedulering gelei het nie.
Ritter sê die PSN het dit as sy “morele plig” beskou om die situasie reg te stel en het vervolgens op 12 Junie verlede jaar met ’n regsproses in die hoërhof teen die NMRC en die minister begin.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie