Aptekersassistente kry sertifikate
Aptekersassistente kry sertifikate

Aptekersassistente kry sertifikate

Die Internasionale Bestuursuniversiteit (IUM) en die Aptekersvereniging van Namibië (PSN) het 'n ooreenkoms in 2017 aangegaan om 'n sertifikaat­kursus vir aptekersassistente gesamentlik aan te bied.

Volgens die PSN speel aptekers­assistente 'n belangrike rol in die lewering van aptekersdienste.

Met 'n ondersteunende rol teenoor die apteker moet die assistent ­toepaslik opgelei word in die basiese funksies van aptekersdienste.

Die assistente se indiensopleiding het van 2018 tot 2019 gestrek.

Tydens 'n geleentheid by 'n plaaslike hotel- en konferensiesentrum in Windhoek is die suksesvolle kandidate met sertifikate beloon.

Die dekaan van die fakulteit gesondheidswetenskappe by die IUM, prof. A. van Dyk, die waarnemende visekanselier, prof. K. Mchombu, asook die registrateur, mnr. A. Nashilundu, het die ­geleentheid bygewoon.

Me. Wilet Maritz en mnr. Uli Rittler, ­visepresident, het die PSN verteenwoordig.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!