AR steun Ipinge se ingrype
Die kabinet verwerp Walvis-raadslid se bevel dat besighede moet sluit.
Denver Kisting en Augetto Graig - Mnr. Job Amupanda van die Regstellende Herposisioneringsbeweging (AR) dring aan dat die raadslid vir die Walvisbaai stedelike kiesafdeling, mnr. Knowledge Ipinge, reg was om spoedig in die belang van die Walvisbaai-gemeenskap op te tree.
Dit nadat die minister van inligting en kommunikasietegnologie, dr. Peya Mushelenga, gesê het Ipinge het nie die reg om te gelas ’n handelsbank en ’n vragmotordepot moet sluit nie. Ipinge se aankondiging het gekom nadat ’n vragmotorbestuurder langs die kus positief vir die coronavirus getoets en onder meer dié twee besighede besoek het.
Mushelenga sê die kabinet het Maandag oor die kwessie beraadslaag en het beslis Ipinge se aankondiging is ongeldig. Die minister het gister dié besluit by die Covid-19-kommunikasiesentrum (CCC) bekend gemaak.
Standard Bank het in ’n verklaring gesê hul Walvisbaai-tak is intussen ontsmet en die personeellede wat tydens die vragmotorbestuurder se besoek aan diens was, is tans in selfkwarantyn.
Amupanda sê Ipinge neem sedert die uitbreek van die siekte die voortou en dat die politici in die hoofstad bloot jaloers is op die seëvierende jong onafhanklike kandidaat.
“In plaas daarvan om op Covid-19 te konsentreer, veral in die lig van die daagliks toenemende gevalle, is die politici besig met mededinging en magstryd. Die mense van Walvisbaai is min gepla oor hul magstryd, hulle is net bly dat ’n 34-jarige raadslid betyds en beslissend opgetree het om hulle te beskerm,” sê hy.
“Ons doen ’n beroep op alle inwoners van Walvisbaai om saam met hul sorgsame aktivisraadslid te staan,” sê Amupanda. “Ons waarsku die bose politici om op hul hoede te wees en nie die jong leiers wat deur God gekies is, aan te raak nie. Daar is gevolge.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie