Arandis ontevrede met Xaris-hofuitspraak
Arandis ontevrede met Xaris-hofuitspraak

Arandis ontevrede met Xaris-hofuitspraak

Jacqueline Louw
Arandis Power hersien Donderdag se uitspraak van waarnemende regter Collins Parker teen dié maatskappy in hul saak teen Xaris Energy (Edms) Beperk en vyf ander partye, luidens 'n nuusvrystelling. Dié aansoek het betrekking op ’n tender wat aan Xaris Energy toegeken is om ’n kragopwekkingsaanleg van 250 megawatt te bou. Arandis sê hulle oorweeg hul opsies om teen die uitspraak te appelleer.
Arandis voer aan die regter het nie die volgende belangrike feite oorweeg nie: Die tendertydperk het verstryk voordat die tender aan Xaris toegeken is; Xaris voldoen nie aan die verpligte kapasiteitsvereistes nie en moes in die begin van die proses al gediswalifiseer gewees het; die tender is nooit skriftelik toegeken nie; en weens tekortkominge met omgewingsvereistes het Xaris nog nie ’n terrein vir die projek nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!