Arandis Power se hofaansoek misluk
Arandis Power se hofaansoek misluk

Arandis Power se hofaansoek misluk

Jacqueline Louw
Jacqueline Louw - ’n Aansoek van Arandis Power teen Xaris Energy (Pty) Ltd en ander partye oor ’n tender om ’n 250 MW-kragopwekkingsaanleg te bou, is gister in die hoërhof van die hand gewys.
Gevolglik sal die maatskappy die meer as N$35 miljoen verloor wat reeds aan die ontwikkeling van die projek bestee is.
Arandis Power het op 7 Junie vanjaar ’n hofaansoek in die hoërhof teen NamPower, die president, die kabinet, die minister van myne en energie, Xaris Energy (Edms) Bpk en Sinohydro Corporation Beperk in­gedien rakende NamPower se tender­toekenning vir die ontwikkeling van ’n kragopwekkingsaanleg.
Arandis Power het in sy aansoek aangevoer die tenderproses was onregmatig en dat Xaris Energy bo Arandis Power bevoordeel is. Arandis Power het die hof versoek om beide die re­gering en NamPower se besluite nietig te verklaar op grond van ’n gebrek aan integriteit in die tenderproses.
Die applikant het verder aangevoer dat Xaris Energy nie aan die tendervereistes voldoen het nie en dus vroeg in die tenderproses gediskwalifiseer moes wees. Benewens Arandis Power se bewering dat NamPower sy eie tender­vereistes geïgnoreer het toe dit voorkeurbieërstatus aan Xaris Energy gegee het, voer dit verder aan dat Xaris Energy nie in besit van die vereiste omgewingsimpakstudie van die ministerie van die omgewing en toerisme is nie.
Xaris Energy het egter Arandis Power se eise betwis en die hof gevra om die saak van die hand te wys omdat Arandis Power meer as 16 maande geneem het om die aansoek by die hof in te dien.
Regter Collins Parker het gister Arandis Power se aansoek met koste van die hand gewys. Arandis Power moet dus sy eie regskoste sowel as dié van die ses verweerders betaal. Parker het Arandis Power se vertraging met die bring van die aansoek as rede vir sy beslissing gegee.
Parker het ook gesê die ver­traging sou Xaris Energy, die Namibiese bevolking sowel as die onmiddellik geo­grafiese begunstigdes van die aanleg benadeel. Die regter het aangevoer Arandis Power se betoog dat sy laat aansoek deur die “onwettige inmenging”­ van die ­minister en ander lede van die kabinet veroorsaak is, nie geldig is nie. Hy het ook bygevoeg dat indien hierdie verduideliking deur die hof aanvaar sou word, dit ’n gevaarlike presedent sou skep.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!