Arandis Power wil appelleer
Catherine Sasman - Arandis Power is besig om sy opsies te oorweeg vir ’n appèl teen ’n onlangse hoërhofuitspraak.
In dié uitspraak het die hoërhof Arandis Power se hofaansoek oor die tendertoekenning aan Xaris Energy (PTY) Ltd vir die multimiljard gasaangedrewe kragsentrale op Walvisbaai van die hand gewys.
Waarnemende regter Collins Parker het Donderdag beslis daar was ’n “onredelike vertraging” met die indien van Arandis Power se aansoek en dat geen oortuigende feite by die hof ingedien is om dié vertraging te verduidelik nie.
Arandis Power sê dit is ’n beperkte siening van die saak, aangesien Parker slegs op die tydsberekening van die aansoek gefokus het en nie op die “vele wesenlike en materiële” meriete van die saak nie.
“Parker sê basies die saak moet van die hand gewys word, omdat Arandis Power klaarblyklik laat met sy aansoek teen duidelike tender-onreëlmatighede was,” het Arandis Power in ’n verklaring gesê.
Die maatskappy het aanvanklik ’n dringende aansoek by die hof ingedien, maar die partye het verlede jaar ooreengekom dat dit nie meer ’n dringende aansoek sal wees nie en die saak op die meriete geargumenteer sal word.
Arandis Power dring aan dat dit ’n sterk saak teen die beweerde onreëlmatighede in die tendertoekenning aan Xaris Energy het.
Die maatskappy het uitgewys dat NamPower in die hof toegegee het die tender vir die gesamentlike ontwikkeling van ’n 230 tot 250 megawatt-kragopwekkingsaansoek het op 11 Maart 2015 verstryk, vóórdat enige toekenning ooit aangekondig was.
Dit sê verder NamPower was nooit versoek om die tender se geldigheidstydperk te verleng nie en het slegs oorweeg om die tender aan Xaris toe te ken nadat die tender in werklikheid verstryk het.
Daarbenewens sê dit dat Xaris se tender nie aan die vereiste maksimum kragopwekkingskapasiteit van 250 megawatt voldoen het nie aangesien dit vir ’n 300 megawatt-kragstasie getender het.
Arandis Power voer aan dat Xaris reeds vroeg in die tenderproses gediskwalifiseer behoort te gewees het omdat dit nie aan die tender se tegniese “minimum funksionele spesifikasie” vereistes voldoen het nie en dit nooit as die voorkeur bieër genomineer moes wees nie.
“Die tender was nooit toegeken nie,” voer Arandis Power aan en sê daar moes ’n skriftelike, amptelike kennisgewing aan beide die suksesvolle en onsuksesvolle bieërs gewees het volgens die formele prosedures van NamPower se tender- en aanskaffingsbeleid.
Arandis beweer verder dat Xaris nog nie ’n projekterrein het nie as gevolg van probleme met omgewingsimpakklarings. ’n Omgewings- en sosiale impak-beraming (ESIA) klaringsertifikaat was ’n vereiste vir die voorlê van tenders teen 12 September 2014.
Xaris het glo eers in Maart 2016 ’n ESIA-klaringsertifikaat verkry. Een van die voorwaardes van die ESIAis na bewering dat Xaris 10 kilometer moet verskuif, wat dit binne die Dorob Nasionale Park sal plaas.
Arandis Power sê ’n nuwe ESIA-proses moet uitgevoer word as gevolg van Xaris se verskuiwing na ’n nuwe terrein.
“Xaris het tot op datum nog nie ’n projekterrein van waar dit ’n aanleg kan bedryf nie, self as hulle dit sou wou doen,” was die kommentaar van Arandis Power. Dit het ook gesê dat Xaris nie met die konstruksie van ’n kragopwekkingsaansoek sou kon begin nie, “wat nog te sê van kommersiële bedrywighede aan die einde van hierdie maand te begin”.
“Arandis Power se pleit tot die hof was vir ’n eenvoudige tenderkansellasie, gebaseer op die feit dat die tender nooit toegeken is nie, en dat die tender se geldigheid in elk geval verstryk het,” het die maatskappy verklaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie