Arandis Power wil Eskom met krag help
Arandis Power wil Eskom met krag help

Arandis Power wil Eskom met krag help

Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Die Namibiese maatskappy Arandis Power sê hy wil 120 MW se elektristiteit in die toekoms aan Eskom verkoop.

Mnr. Ezio Vernetti, die maatskappy se besturende direkteur, sê dit is moontlik ná nuwe regulasies met betrekking tot die gewysigde enkelkopermodel op 1 September verlede jaar in Namibië in werking getree het.

Hy sê die Arandis-kragprojek is ten volle ontwikkel en gereed om gebou te word.

“Konstruksiewerk kan binne vier maande ná die ondertekening van ’n koopooreenkoms met Eskom of enige ander koper in die Suider-Afrikaanse kragpoel begin,” het Vernetti in ’n nuusverklaring gesê.

“Kostedoeltreffende elektrisiteit kan op ’n aanpasbare wyse van piek- tot basisbelading verskaf word, wat dit mededingender as Eskom se dieselaangedrewe oopsiklus- gasturbine-aanlegte sal maak,” sê hy.

Die Suid-Afrikaanse regering en Eskom het vasgestel die buurland het oor die kort tot medium termyn ’n kragopwekkingsleemte van sowat 4 000 MW. Daar word voorgestel 2 000 MW hiervan word van versendbare bronne, soos dié van Arandis Power se projek, verkry.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!