Aranos-moord: Breinondersoek gevra
Aranos-moord: Breinondersoek gevra

Aranos-moord: Breinondersoek gevra

'n Kliniese sielkundige het versoek dat 'n neuroloog die veroordeelde moordenaar Willem Barnard ondersoek voor hy gevonnis word.
Fred Goeieman
Fred Goeieman - 'n Kliniese sielkundige wat Willem Visagie Barnard, wat sy vrou vermoor het, geëvalueer het, het bevind hy het 'n mate van organiese breinskade.

Die sielkundige, me. Erwina Mensah-Husselman, wat Vrydag (16 Jun) ter strafversagting vir Barnard getuig het, het aanbeveel dat Barnard verder deur 'n neuroloog ondersoek word.

"Ek het daardie stawing nodig om my bevinding van breinskade te bewys," het sy voor regter Naomi Shivute getuig.

Mensah-Husselman het aan die hof gesê sy is seker hy het breinskade en het bygevoeg daar is 'n afname in Barnard se kognitiewe funksie is, want hy herroep inligting wat hy pas gehoor het baie stadig.

“Hy kan nie datums behoorlik onthou nie. Hy maak meestal skattings van datums en tye. Hy kon net sê 'sowat drie jaar gelede' of 'ek het twee of drie bottels gedrink',” het sy gesê.

Barnard, 'n boer van die Aranos-omgewing, is onlangs skuldig bevind aan die moord op sy vrou ná 'n rusie oor die begrafnis van wyle Eugene Terre'Blanche, die oorlede Suid-Afrikaanse AWB-leier.

Barnard het sy vrou, Anette, op 10 April 2010 op hul plaas Choris naby Aranos geskiet.

Barnard het ontken dat hy regtens vir die moord verantwoordelik was weens nie-patologiese ontoerekeningsvatbaarheid.

Hy het mediese verslae ingedien wat beweer hy het vir ure aan geheueverlies gely as gevolg van die kombinasie van alkohol en die middels Alprazolam en Zopiclone.

Hy het aangevoer hy kan moontlik nie die onregmatigheid van sy dade insien nie, weens die tydsberekening en die hoeveelheid en kombinasie van alkohol en psigoaktiewe middels wat hy en sy vrou in die loop van die dag gedrink het.

Shivute het in haar uitspraak gesê hoewel die middele geheueverlies kon veroorsaak het, wat tot tydelike nie-patologiese ontoerekeningsvatbaarheid kon lei, het bewyse aangetoon Barnard was in beheer van sy verstandelike vermoëns.

Sy het gesê hy kon die meeste van die gebeure onthou, maar kon die kritieke dele van die voorval gerieflikheidshalwe nie onthou nie.

"Daar is bevind die vuurwapen, Barnard en Anette hou verband met mekaar," het die regter gesê.

Mensah-Husselman het ter strafversagting vir die verdediging getuig.

Sy was tussen 2005 en 2008 in diens van die ministerie van veiligheid en sekuriteit, waartydens sy gevangenes ondersoek en behandel het.

Sy het ook vir Barnard ondersoek om te bepaal of hy geskik is om verhoor te word.

Sy het getuig Barnard het nie vroeër in sy lewe middels misbruik nie.

Dít is deur familie en vriende bevestig, wat gesê het Barnard en sy vrou was “'n ordentlike en liefdevolle familie”.

Die sielkundige het gesê Barnard beskou homself as 'n introvert en volgens haar ondersoek ly hy aan natuurlike kognitiewe agteruitgang.

“Volgens my ondersoek het ek geen rede om te glo hy het voorgegee hy is siek nie. Die hof kan verdere ondersoek aanvra om my bevindinge te staaf," het sy gesê.



Shivute het die saak tot 28 Junie uitgestel.

Adv. Cliff Litubezi verskyn vir die staat en adv. Louis Botes vir die verdediging.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!