Arbeid adel
Die drie kere dat staatsamptenare sedert laat verlede jaar vroeg huis toe gestuur is, het die ekonomie gevaarlik naby aan N$200 miljoen gekos.
Elke keer is die regering se massiewe personeelkorps eers vroegoggend ingelig dat hulle maar om 10:00 kan gaan.
Hierdie werkwyse maak beplanning om die publiek wel te help, onmoontlik.
Indien die fout nie by die eerste minister self lê nie, maar ‘n amptenaar in haar kantoor, moet dit onmiddellik aangespreek word. Anders sal dit beter wees om een brief vir die jaar uit te reik en amptenare elke dag voor ‘n langnaweek of vakansiedag vroeg van hul pligte te onthef.
Is dit ‘n poging om politieke punte by amptenare aan te teken?
Op sosiale media is gekla dat ander Namibiërs die amptenare niks gun nie. Die saak is ongelukkig nie so eenvoudig nie.
As ons staatsdiens ‘n eksieperfeksie, seepgladde masjien was, was dit dalk ‘n ander saak. Maar dit is nie.
Voeg hierby huidige ekonomiese omstandighede en argumente vir hierdie herhaalde vergunning verkrummel verder. Een so ‘n vergunning per jaar sou die publiek dalk makliker kon sluk.
Hierdie aftyd het ‘n uitkringende uitwerking wat self minder produktiwiteit in ander sektore en groot frustrasie veroorsaak. Wat van die burger wat voor ‘n langnaweek stad toe gekom het vir iets dringend, voor dooiemansdeur te staan kom en tot Maandag moet pas makeer? Dit is net een voorbeeld.
Ons hoor graag van ministeries, afdelings en staatsinstellings wat tog sleutelpersoneel aan diens gehad het – al verrig hulle nie noodsaaklike dienste nie.
So sê ander
18 April 2017
Tafel gedek vir heelwat konflik tussen Zuma, kerk
Uit uitsprake die afgelope naweek op verskeie Paasdienste blyk dit dat die tafel in Suid-Afrika opnuut gedek is vir konflik tussen die kerk en die staat.
Saterdagaand het aartsbiskop Thabo Makgoba, Anglikaanse aartsbiskop van Kaapstad, in sy Paasfeesboodskap in die St. George-katedraal geen doekies omgedraai oor die huidige “nagmerrie” in die land nie.
Op sy beurt het Zuma op ’n Paasfeesgeleentheid in KwaZulu-Natal daarop gesinspeel dat hy sy mag om te regeer van God ontvang het. Zuma kla wanneer politici foute maak, sluit sommige kerkleiers aan by diegene “wat klippe gooi”. Kerklui behoort eerder vir politici te preek en te bid en moet hulle vergewe.
Uiteraard ’n uiters moeilike versoek om aan gehoor te gee, synde dat die president nog nie juis te kenne gegee het dat hy vermoed dat hy die laaste paar jaar enigiets verkeerds kon gedoen het nie.
Of begin hy tog besef dat daar heelwat is waarvoor hy vergifnis moet vra?
• NETWERK24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie