Arbeidsminister besorg oor hoë werkloosheid
’n Nuwe benadering tot werkskepping is volgens die ministerie van arbeid, nywerheidsbetrekking en werkskepping nodig en moet begin met werk gebaseerde beplanning en belegging.
Augetto Graig – Die minister van arbeid, nywerheidsbetrekkinge en werkskepping, mnr. Utoni Nujoma, het tydens die tertafellegging van sy ministerie se begroting van N$188 miljoen vroeër vandeesmaand in die Nasionale Vergadering gesê meer as ’n miljoen Namibiers vorm deel van die nasionale arbeidsmag.
Volgens die minister is ’n nuwe benadering tot werkskepping nodig en moet dit begin met werkgebaseerde beplanning, begroting en belegging.
Nujoma sê die “kommerwekkende hoë werkloosheidsyfer in Namibië” vereis gewaagde en doelgerigte oplossings.
Hy beoog om gestruktureerde werkskepping in al die ministeries te koördineer.
Nujoma sê die toepassing van werkskepping en impak-evaluering moet topprioriteit geniet.
Hy sê die Covid-19-grendeltydperk het die uitdagings verskerp wat Namibiërs in die gesig staar. Volgens die minister word kwesbare sleutel ekonomiese sektore, klein- en mediumondernemings en die informele sektor die hardste getref.
“Die noodtoestand het die belangrikheid van maatskaplike gesprekke en gesamentlike onderhandeling uitgewys as ’n versagting van ekonomiese skokke en om arbeidsgeskille te voorkom, bestuur en te besleg,” sê die minister.
“Ons kan nie nywerheidskonflik bekostig nie en ons moet die lot aanspreek van werknemers en werkgewers wat deur die inperking geraak is,” sê hy.
Nujoma stel voor werkloosheidsversekering word in Namibië ingestel om die moontlike impak van toekomstige gesondheidsnoodgevalle en natuurlike rampe te verminder.
Hoewel die arbeidsministerie uitdagings ervaar wat die volle toepassing van beleide en programme belemmer, verseker die minister sy toewyding om die beste resultate met beperkte hulpbronne te lewer.
Die ministerie beplan om vir die 2020-’21-boekjaar sowat N$180 miljoen aan werksaamhede te bestee.
Sowat N$8 miljoen is geoormerk vir die onderhoud van die ministerie se geboue, sê hy.
Ongeveer N$26 miljoen is begroot vir die gebruik deur die direktoraat van arbeidsmarkdienste.
Die nasionale arbeidsbeleid sal hersien en geïmplementeer word. Arbeidsontleding, die koördinering van werkskepping, loopbaanbeplanning, registrasie van werksoekers en werknemers op die Namibië Integreerde Arbeidsinligtingstelsel sal voorsien word. Daarby ook die vestiging van ’n nasionale vakleerlingprogram en produktiwiteitsentrum, die bevordering van die arbeidsmigrasiebeleid en die ondersteuning van die arbeidsdiensraad.
Die direktoraat van arbeidsdienste, die kantoor van die arbeidskommissaris en die Kommissie vir Gelyke Indiensneming (EEC) kry gesamentlik ongeveer N$79 miljoen. Die betrokke partye moet met dié begroting die arbeidswet versterk, die wet op regstellende aksie handhaaf, arbeidsgeskille voorkom en afhandel en ook vakbonde en werkgewersorganisasies registreer.
Uit dié begroting word begunstigdes van die wet op werknemersvergoeding betaal en ’n gedeelte van die administratiewe koste van die Maatskaplike Voorsorgkommissie (SSC) gedek, sê hy.
Byna N$8,5 miljoen is vir Namibië se deelname aan die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC), organisasies in die Afrika-unie en die Internasionale Arbeidsorganisasie (ILO) geoormerk.
Hiermee moet ondersteuning aan die arbeidsadviesraad verleen word en ILO-konvensies moet bekragtig word.
“Ek sal binnekort dié huis te woord staan om oor Namibië se bekragtiging van ILO-konvensie 189 oor behoorlike werk vir huishulpe, en ILO-konvensie 190 oor die verwydering van geweld en teistering in die beroepsomgewing, te stem,” sê hy.
Laastens word byna N$74,5 miljoen vir die minister se kantoor en die ministerie se administrasie om onder meer die arbeidswet, die sosiale beskermingswet, die werknemersvergoedingswet, die arbeidsdienstewet en die wet op regstellende aksie te hersien.
Die beroepsveiligheid- en gesondheidsbeleid moet omskep word om vir ’n omvattende wet voorsiening te maak, terwyl ’n produktiwiteitsbeleid, ’n arbeidsinspeksiebeleid en arbeidsriglyne verbeter moet word.
Die begroting maak ook voorsiening vir die voorbereiding om ’n nasionale minimumloon te implementeer, sê Nujoma.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie