Area langs Kupferberg-asgate eersdaags rommelvry
Tanja Bause
Mnr. Melvin Kuvingo is een van agt werkers wat besig is om die vullis op te tel wat buite die mure en die omheining van die Kupferberg-stortingsterrein lê. Veral plastieksakke vervuil die omgewing langs die pad.
“Die bome en struike is vol plastiese blomme en ek hoop die munisipaliteit doen iets daaromtrent, veral noudat toeriste weer die land mag besoek. Die Kupferberg-pad is 'n gewilde roete na die suide van die land,” het 'n leser gesê wat foto's van die rommel aan Republikein verskaf het.
Vier werkers wat by dié stortingsterrein werk en vier manne wat in diens geneem is, is vanaf verlede week Dinsdag besig om die rommel te verwyder. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie