Argentynse duikboot gevind jaar ná hy verdwyn het
’n Argentynse duikboot wat ’n jaar gelede vermis geraak het, is gevind.
Die ARA San Juan het op 15 November verlede jaar in die Suid-Atlantiese Oseaan aan die Argentynse kus verdwyn.
Die Argentynse vloot het Saterdag op Twitter aangekondig die wrak van die San Juan is gevind.
Die duikboot het net genoeg suurstof vir sewe dae gehad toe dit met 44 bemanningslede aan boord van die radarskerms af verdwyn het.
’n Amerikaanse navorsingskip, die Seabed Constructor, het die wrak 800 m onder die seeoppervlak gevind, 56 km van sy laaste bekende posisie. Die Seabed Constructor behoort aan Ocean Infinity.
Die verdwyning van die San Juan het internasionaal opslae gemaak. Familielede van die bemanningslede het gevoel die Argentynse regering tree geheimsinnig op rondom die verdwyning en wou nie hul vrae beantwoord nie.
Kort nadat hulle gehoor het die boot is gevind, het Jorge Villareal, pa van een van die bemanningslede, op ’n plaaslike radiostasie gesê families “soek nou die waarheid”.
“Dit is vir ons die begin van ’n nuwe hoofstuk.”
Die Argentynse vloot het vroeër die oorsaak van die tragedie uitgewys as water wat in die duikboot se snorkel beland en ’n kortsluiting veroorsaak het.
Vlootoffisiere het aan internasionale organisasies wat aan die soektog na die San Juan deelgeneem het, gesê hulle het ’n geluid gehoor wat klink of die duikboot ’n inploffing beleef het.
Die verdwyning van die San Juan is Donderdag herdenk op ’n geleentheid wat deur pres. Mauricio Macri van Argentinië bygewoon is.
Die Seabed Constructor het met ’n spesiale onbemande duikboot die San Juan in stukke op die seebodem aangetref.
Ocean Infinity gaan ’n beloning van $7,5 miljoen kry vir die opspoor van die duikboot. –Reuters, verwerk deur Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie