Argeoloë ontdek 2 000 jaar oue tombes
Egipte
Egipte se ministerie van oudhede sê argeoloë het drie tombes ontdek wat uit die Ptolemeuse tydperk meer as 2 000 jaar terug dateer.
Die ontdekking is in die Nylvallei in die Minya-provinsie, suid van Kaïro in ‘n gebied bekend as al-Kamin al-Sahrawi, gedoen.
Volgens die ministerie dui die sarkofae en kleifragmente wat opgegrawe is, daarop dat die gebied ‘n reusagtige nekropolis iewers tussen die 27ste dinastie en die Grieks-Romeinse periode gehuisves het.
Opgrawings is nog op die toneel aan die gang. Nampa/AP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie