Ariamsvlei loop deur onder storm
Tanja Bause
'n Onverwagse haelstorm met gepaardgaande reën het Sondag laat namiddag op Ariamsvlei in die Suide uitgesak. Me. Linda Afrikaner het per e-pos laat weet dit is die eerste keer in haar lewe dat sy haelkorrels so groot soos klippe in haar dorpie sien.
“Ons is dankbaar vir die reën alhoewel dit skade aan huise en voertuie aangerig het,” het sy gesê.
Mnr. Ockie Fourie van die Ariamsvlei Handelshuis sê: “Ons het reën gekry waaroor ons bly is alhoewel die storm baie skade aangerig het. Dakke is afgewaai, voertuie se vensters is stukkend geslaan, ruite is gebreek, kragdrade en sonpanele is vernietig. Van die haelkorrels was twee keer so groot soos hoendereiers. Ons het ook 15 mm reën gemeet.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie