'Arme' Bill Gates daal op lys van superrykes
Jeff Bezos, stigter van Amazon, bly die rykste persoon ter wêreld.
Hanlie Stadler
Bill Gates is nie meer die tweede rykste persoon ter wêreld nie.
Dinsdag is Gates, stigter van Microsoft, op Bloomberg se miljardêrsindeks verbygesteek deur die Fransman Bernard Arnault, uitvoerende hoof van Moët Hennessy – Louis Vuitton (LVMH).
Dis die eerste keer in die sewe jaar sedert die indeks gestig is, dat Gates nie meer nr. 1 of nr. 2 is nie.
Arnault se netto batewaarde word nou geraam op US$108 miljard, “net-net” meer as Gates se US$107 miljard. En met net-net bedoel ons US$1 miljard, baie na aan R14 miljard.
Hy het Gates verbygesteek toe sy batewaarde Dinsdag met US$99,7 miljoen gestyg het en dié van Gates met US$838 miljoen gedaal het.
Hoewel albei se fortuin vanjaar gestyg het, het Arnault s'n met heelwat méér gestyg.
Vir die jaar tot dusver is hy US$39,1 miljard ryker en Gates is US$16,1 miljard ryker.
LVMH sluit benewens die sjampanjeprodusent Moët, die konjakprodusent Hennessy en Louis Vuitton, bekend om luukse handsakke en tasse, luukse handelsname soos Dior, Fendi, Givenchy, Tag Heuer, Bulgari, Dom Pérignon en Veuve Clicquot in.
Jeff Bezos, stigter van Amazon, bly die rykste persoon ter wêreld. Sy fortuin word nou op US$124 miljard geraam. Dit is wel US$1,03 miljard minder as einde 2018.
Vyf uit die tien rykste mense is Amerikaners, en vyf uit tien is in die tegnologiesektor.
Tien rykste mense ter wêreld
Hier is die tien rykste mense ter wêreld nou, met die verandering in hul waarde vir die jaar tot dusver, volgens die Bloomberg-lys:
1. Jeff Bezos, stigter van Amazon: US$124 miljard (-US$1,03 miljard)
2. Bernard Arnault, uitvoerende hoof van LVMH: US$108 miljard (+US$39,1 miljard)
3. Bill Gates, stigter van Microsoft: US$107 miljard (+US$16,1 mjd.)
4. Warren Buffett, voorsitter van Berkshire Hathaway: US$81,9 miljard (-US$1,89 mjd.)
5. Mark Zuckerberg, stigter van Facebook: US$78,7 miljard (+US$26,7 miljard)
6. Amancio Ortega, stigter van die modegroep Inditex (moedermaatskappy van Zara): US$66,2 miljard (+US$7,6 miljard)
7. Larry Ellison, medestigter van die tegnologiefirma Oracle: US$61,3 miljard (+US$11,9 mjd.)
8. Carlos Slim, uitvoerende hoof van onder meer Telmex en América Móvil: US$57,2 miljard (+US$2,41 mjd.)
9. Francoise Bettencourt Meyers, erfgenaam van die familie wat L'Oreal besit: US$56,4 miljard (+US$10,3 miljard)
10. Larry Page, medestigter van Google: US$56,3 miljard (+US$5,05 miljard)
Die Bloomberg-lys verskil effens van Forbes se lys, wat Gates nog op nr. 2 het en Arnault op nr. 3.
Forbes se nr. 10 is die New Yorkse mediamagnaat Michael Bloomberg.
Daar is drie Suid-Afrikaners op Bloomberg se lys:
Johann Rupert, Nicky Oppenheimer en Natie Kirsh.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie