Artikel 155 van Spaanse grondwet in werking
Die Spaanse ministersraad het die naweek gesê dit oorweeg om 'n formele versoek aan die Katalaanse streekspresident te stuur aangesien artikel 155 van die Spaanse grondwet nie nagekom is nie.
Mnr. Carles Piegdemont, die streekspresident, het volgens 'n verklaring van die Spaanse ambassade in Windhoek nie duidelikheid gegee oor of Katalonië onafhanklikheid verklaar het, al dan nie. Hy het ook nie aangedui of hy sy optrede in skending van die Spaanse grondwet en Katalonië se statuut van outonomiteit sal staak nie.
“Om hierdie rede het die ministersraad besluit om voort te gaan met prosedures en aan die senaat maatreëls voor te stel om grondwetlike verpligtinge na te kom en die algemene belange te beskerm,” lui die verklaring.
WAAROM IS ARTIKEL TOEGEPAS
Volgens die Spaanse ambassade het artikel 155 'n tweeledige scenario vir toepassing.
Enersyds kan dit gebruik word om 'n outonome gemeenskap te dwing om grondwetlike en regsverpligtinge na te kom en om skade aan Spanje se algemene belange te verhinder.
“In die geval van Katalonië is albei scenario's van toepassing. Katalonië se leiers het nie die wetlikheid wat ons demokrasie onderlê, gerespekteer nie en ook nie die algemene belange van die land nie.
“Aan die een kant het die Katalaanse owerheid die grondwet en die statutêre orde asook demokratiese reëls verontagsaam in hul pogings om 'n sogenaamde 'pro-soewereine proses' uit te voer.
“Aan die ander kant het hierdie neiging na onafhanklikheid en die onwettige wyse waarop dit uitgedruk is, 'n reuse-impak op die politieke, ekonomiese en maatskaplike lewe van Katalonië en lei dit tot die agteruitgang van die fondament van gesamentlike bestaan, maatskaplike welstand en ekonomiese groei en bring onsekerheid en wantroue mee,” lui die verklaring.
Spanje sê die maatreëls wat nou ingestel is, is daarop gemik om die regte van Katalane te beskerm sonder om hul vryheid aan bande te lê en moet grondwetlike en statutêre geregtigheid herstel.
Aan die senaat is voorgestel dat die Katalaanse president en sy streeksministers verwyder word.
Hulle pligte as ampsdraers sal oorgeneem word deur mense wat deur die Spaanse regering aangestel word. Streeksverkiesings sal ook binne ses maande afgekondig word, indien die senaat die ja-woord gee.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie