Artistiese meisies gereed vir topvlak
Artistiese meisies gereed vir topvlak

Artistiese meisies gereed vir topvlak

Gimnastiek
Andrew Poolman
Vanaf komende Sondag en vir die res van volgende week bied die Namibiese Gimnastiekfederasie die Statebond Jeugkampioenskap in gimnastiek aan.

Die skouspelagtige vaardighede van artistiese gimnastiek, trampolien- en tuimelgimnastiek vir mans en vroue word op die Namibiese kusdorp ten toon gestel.

Spanne van verskeie Statebond-lande insluitend Nieu-Seeland, Wallis, Suid-Afrika, Kanada, Ciprus, die Kaaimanseilande en andere sal die reis onderneem om aan hul voorste junior gimnaste hierdie geleentheid vir waardevolle internasionale kompetisie te bied.

In Namibië is drie kwalifiserende kompetisies gehou om sy span in artistiese gimnastiek vir vroue te kies. Die NGF het daarna met trots aangekondig dat sy finale span uit Elisbé Swanepoel, Christel Thirion, Natascha Pfänder, Carané van Zyl en Emogene Kgobetsi sal bestaan.

Petra Thorburn, Dana ­Risser-Wheeling en Dongina Risser sal as die afrigters en spanbestuur optree.

Die vroue se artistiese kompetisie begin op Dinsdag 11 Oktober met die individuele asook die spankompetisies, wat gelyktydig plaasvind.

Die top-agt kwalifiseerders op elke apparaat (sprong, vloer, ongelyke brug en balk) sal die volgende dag vir die individuale apparaat-finale aantree.

Die Statebond Jeugkampioenskap is ’n puik kans vir gimnaste om hul algehele vernuf, of as spesialis op van die apparate, asook in spanverband uit te stal.

Die kompetisie is nie net van groot waarde in terme van ondervinding nie, maar gee juniors ook ’n aanduiding hoe hulle op die wêreldtoneel geplaas is sodat hulle beter kan voorberei en doelwitte in hul loopbane as seniors kan stel.

Die bestuur van die Namibiese artistiese vroue-afdeling bedank alle betrokkenes en rolspelers wat op klein of groot maniere bygedra het om die nasionale span voor te berei.

“Ons is trots op hulle en wens elkeen alle voorspoed vir die komende kompetisie toe,” lui die NGF-verklaring.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!