As die son gaan "staan"
Ek skryf verlede week oor die sonstilstand, en hoewel ons hierdie jare gelede reeds op skool geleer het, is ek steeds in verwondering oor die term solstice.
Bid jou aan – die son gaan staan! Hy vergeet om onder te gaan – of erger – om op te kom!
Dit herinner my aan my sorgelose plaaskinddae, toe my pa se korrelkop buurman (maar ook gelief en gerespekteer) eenmaal bitter moeg en siek aan malaria, ná ‘n moeisame reis van die plaas af op Oshakati aankom. Hy klim vroegoggend in die bed en word eers negeuur die aand weer wakker.
Heel eerste bel hy sy vrou - benoud: “Dis al negeuur in die oggend en hier op Oshakati het die son nie vandag opgekom nie!”
“Nee my man, dis negeuur in die aand en jy moet gaan slaap. Die son het heeldag geskyn.”
Dit was ook hierdie oom wat - as die eerste drie druppels reën geval het - op die telefoon geklim het en al sy bure gebel het om te hoor hoeveel reën hulle ontvang het.
Twee langes en twee kortes was ons plaaslyn.
Sou jy meer reën as hy gehad het, kry jy net ‘n “dit kan nie wees nie!”.
Ek dwaal af. Ons praat oor wanneer die son twee maal per jaar gaan stilstaan.
Dis seker nie wetenskaplik korrek nie, maar ek besef dat mense wat tydens die jare vóór boeke- en internetkennis naby aan die Noord- of Suidpool woon, inderdaad moes gedink het die son het gaan staan.
Ek kan my nie indink hoe dit moet wees as die son dag en nag lank op 21 Junie skyn nie. Nog meer, die middernagson gaan van 19 April tot 23 Augustus nooit onder in plekke soos Svalbard, in Noorweë, nie.
Hierdie is die noordelikste streek in Europa wat bewoon is.
Nader aan die pole, waar bykans niemand behalwe ysbere woon nie, is die middernagson vir die helfte van die jaar sigbaar – van Maart tot einde September.
Wat my meer pla, is die gedagte dat die son tydens die poolse nag gaan “stilstaan” en dat dit donker of skemer bly – vir maande aaneen. In die noordelike halfrond kom die poolse nag tussen September en Maart voor, terwyl dit in die suidelike halfrond tussen Maart en September voorkom.
Aaneenlopende stikdonkernagte gebeur gelukkig slegs binne die poolsirkels, waar dit te koud is vir die meeste mense om te woon.
Die Sweedse stad Kiruna se inwoners woon die naaste aan 'n pool. Hulle ervaar ‘n “poolnag” vir 28 dae ‘n jaar, terwyl hul middernagson ongeveer 50 dae lank skyn. Dit sluit al die skemerdae uit, wanneer die son besluiteloos naby die horison rondhang en nooit werklik heeltemal opkom of ondergaan nie.
Dit is wanneer ek dankbaar raak vir die stikdonker van ons Namibiese nagte en die verblindende helderte van ons dae.
Niks mooier as ‘n woestynrooi sonsondergang nie, met die wete - môre kom hy weer!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie