As die waarheid seëvier, hoekom is skynheiligheid so volop?
In die ou dae was die sêding dat seks koerante verkoop.
Maar deesdae lyk dit soms of die wenresep vir die media is om sensasie te wek uit gebeure of onderwerpe wat mense sommer goed befoeterd maak (of om die Engelse uitdrukking te parafraseer, wat jou sneller trek).
Vele verskillende dinge maak mense omgekrap, maar een ou staatmaker is dubbele standaarde, of skynheiligheid. Die maat waarmee jy jouself in vergelyking met andere beoordeel, bring die balk in die eie oog en die splinter in jou naaste s’n ter sprake.
Soms is die klipgooiery vanuit ’n glashuis relatief skadeloos. Byvoorbeeld, ’n bekende Namibiese rugbyspeler se inskrywing op sosiale media oor die naweek, nog voordat Suid-Afrika se krieketspan teen Pakistan hul nederlaag nommer vyf by die Wêreldbeker gely het.
Die strekking van sy boodskap was dat die Proteas pateties is en dat hulle maar liewer die vliegtuig huis toe moet haal, eerder as om hul laaste drie wedstryde te speel.
Oukei, toegegee, Sondag se nederlaag was inderdaad teleurstellend en hy was nie die enigste by wie die vermoede begin insink het dat die verwelkende Proteas dalkies vanjaar wéér nie die koppie gaan wen nie.
Die ironie is net dat hierdie landgenoot van ons ’n redelike sterk kans staan om gekies te word om Namibië binnekort by die rugby-Wêreldbeker te verteenwoordig – terwyl ons eweneens weet hoe swaar die wedsyfers daarteen gelaai is dat ons eie plantkundige weergawe van die Proteas, naamlik die Welwitschias, enige sukses teen Italië, die Bokke, die Kiwi’s of selfs daarná teen Kanada gaan behaal.
Een kommentator het die Namibiese speler kort daarná kortgevat deur uit te wys hy is self ’n professionele sportman. “As die Proteas die vliegtuig moet klim voordat hul toernooi afgehandel is, hoekom hou jy aan met speel as jou span rustyd agter is?”
Minder skadeloos, en moeiliker om te aanvaar, is wanneer dubbele standaarde op groter skaal geskied en selfs regeringsbeleid word. Dié tipe skynheiligheid word dikwels deur die moeder van die euwels, die liefde vir geld, aangedryf.
Ons het dit onlangs weer gesien met die wanbalans in die toekenning van ons regering se hulpbronne toe meer as N$19 miljoen as beloning vir die nasionale sokkerspan se deelname aan die kontinentale kampioenskap goedgekeur is.
Dit terwyl die ander vyftigtal sportkodes se monde water oor wat hulle met selfs ’n fraksie daarvan sou kon uitrig – om van ander nasionale prioriteite en noodtoestande nie eens te praat nie.
In Amerikaanse politiek is sulke omstrede kwessies natuurlik legio. Om net een uit te lig: die uiteenlopende maniere hoedat die polisie sake hanteer afhangend of wit of bruinerige mense betrokke is.
Die toestande waarin onwettige immigrante se kinders by die grensposte in “babatronke” aangehou word, is ’n voortslepende omstredenheid wat deurentyd op die voorgrond bly.
Soos een aktivis in die laaste dae opgemerk het: “As daar foto’s van klein blonde kindertjies was wat op sementvloere slaap en met hul eie gemors besmeer is, sou almal binne 24 uur daar uit gewees het.”
Dieselfde blinde kolle vir ironie bestaan in die regse Amerikaanse politiek, waarby ’n groot deel van die sogenaamde Christen-gemeenskap ingesluit is en aanklank vind.
Die VSA se regse konserwatiewes het al so ver afgedwaal dat hulle lankal geen voet het om op te staan en voorgee dat hulle kamma die goeie ouens is wat die regte voorbeeld stel nie.
Op sosiale media (of is dit antisosiaal?) hoef ’n mens mos glad nie eens diep te grawe om vurige debatvoering te kry oor netelige sake soos byvoorbeeld die doodstraf, immigrasie, vuurwapens, aborsie, seksualiteit of godsdiens nie.
’n Wyse man het eendag voorgestel dat jy moet leer hoe om saam met die grein van die menslike natuur te werk, eerder as om dit te probeer verander.
“As jy dit wil verander, sal jy met Iemand hoër op moet praat.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie