As jou skip kom

Lloyd Zandberg
Lloyd Zandberg - In Desember 2016 verander ‘n inwoner van Pretoria se lewe drasties. ‘n Enkelsnit word op YouTube vrygestel en bereik binne die eerste vyf maande 1 022 000 YouTube-trefslae.

In Maart 2017 word sy debuutalbum vrygestel en sy lewe is daarna nooit weer dieselfde nie.

Die man van wie hier gepraat word is Jo Black, die man met die rasperstem, die growwe baard en die wegholsukses-enkelsnit en -debuutalbum, Skepe.

Jo Black is op pad Namibië toe, waar hy eerskomende Maandag by SKW gaan optree as deel van ‘n Movember kankerbewusmakingsprojek vir mans.

Die sanger van “Skepe”, wat volgens hom as kind “‘n stoutgat met ‘n wil van eie” was, lyk baie anders as wat hy in 2016 gelyk het. Sedertdien het Jo ‘n paar uitdagings in die gesig gestaar. Hy is baardloos. Sy baard was een van die kenmerkendste aspekte van sy voorkoms. Waar is die baard en hoekom moes dit waai?

“Die narkose wat ek moes kry vir die operasie het hiertoe gelei, anders sou die suurstofmasker nie om my mond seël nie,” sê hy.

Jo moes in September 2018 'n nekoperasie ondergaan ná twee van sy nekwerwels verbrokkel het.

Sy stembande kon skade ly, en dokters het hom aangeraai om dringend ’n operasie te ondergaan.

Die operasie is op 9 September suksesvol uitgevoer. Nou is Jo weer op die verhoog, besig om mense met sy talent te vermaak.

Maar die beproewings van die afgelope paar maande was vir hom traumaties.

Hierdie soort ervaring vat aan ’n mens.

“’n Mens moet net vasbyt, dit raak beter,” verduidelik hy.

“Wees tevrede met wat jy het. Dít is die resep vir geluk.”

Jo is voortdurend in die openbare oog, maar bly steeds Jo Black, ‘n mense-mens.

“Ek is maar net ‘n ou met ‘n reusepassie vir mense,” sê hy.

Hierdie passie is juis wat Jo een van Suid-Afrika se bekendste kunstenaars maak.

Behawle dat Jo daarna streef om sy bes op die verhoog te gee, is sy rol as pa vir sy twee kinders en man vir sy vrou, Debbie, boaan sy prioriteitslys.

Die goeie nuus is Jo se tweede album is reeds opgeneem, maar weens die eerste album se goeie verkope word die bekendstelling van die nuwe een bietjie uitgestel.

Jo beskou homself nie as ‘n hipster nie, en hy kyk graag Big Bang Theory en Modern Family wanneer hy nie musiek maak nie.

Sy loopbaan het nie, soos dikwels, op ‘n jong ouderdom afgeskop nie.

Tog het sy kort tyd in die bedryf hom al verskeie stories besorg om te vertel. Dié stories word duidelik in sy musiek vertel.

Twee van Jo se grootste wense is om eendag ‘n besoek aan Nashville in die VSA af te lê en om die verhoog met Black Coffee te deel.

Die Stories agter die Storie, sê Jo, sal eendag die titel van sy biografie wees.

Hoewel hy nog nooit vantevore in Namibië was nie, is dit duidelik baie Namibiërs sien na sy optrede hier uit.

Kaartjies vir Jo se show is aanlyn by webtickets.com.na teen N$250 per persoon en by die SKW se deure teen N$280 beskikbaar.

Twee gelukkige Kollig-lesers kan kaartjies na die show wen.

Beatnwoord eenvoudig die vraag: Hoekom moes Jo sy baard afskeer?

Stuur jou antwoord na [email protected].

Die kompetisie sluit Maandag 12 November om 14:00

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!