As jy nie skrik vir swymel

Lloyd Zandberg
Gehoor van Nicholas Sparks?

Dink aan The Notebook, Mes­sage in a Bottle of The Lucky One. Sparks het wêreldwyd meer boeke verkoop as wat daar sterre aan die hemel is.

Omtrent almal is hemels, soos ’n lepel stroop in die bek of ’n mooi meisie se tong in jou mond (as dit jou ding is), al is die einde dikwels bittersoet.

Baie van sy stories is verfilm: Hollywood het ’n stomende verhouding met Sparks. Sy “resep” – onsterflike liefde en hartverskeurende kinkels – is gewoonlik in die kol.

In Every Breath se voorspel, in die eerste persoon, vertel Sparks van ’n posbus buite ’n vakansiedorpie.

Enigeen kan ’n brief in die posbus plaas.

Enigeen kan dié briewe lees.

Maar omstandighede maak dit onmoontlik en Tru keer druipstert terug Afrika toe. Die deurlopende vraag: Sal die twee mekaar weer vind?

Sparks kom só op ’n roerende lewensverhaal af, spoor die skrywer op en vra toestemming om die verhaal tot ’n boek te verwerk.

Die storie:

Tru Walls, Zimbabwiese safarigids, reis Noord-Carolina toe om sy sterwende pa die eerste keer te sien.

Hy ontmoet Hope Anderson, wie se pa ook sterwend is. Die twee maak ogies vir mekaar, maak liefde met mekaar en besef hulle is bedoel om saam oud te word.

Maar omstandighede maak dit onmoontlik en Tru keer druipstert terug Afrika toe. Die deurlopende vraag: Sal die twee mekaar weer vind?

Vroeg in die roman is daar ’n grinterigheid tussen die tande: Daar is nie “buzzards”of “jaguars” of waterbuffels in Afrika nie; laasgenoemde is allermins deel van die Groot Vyf.

Die narratief lees vlot, maar is soms te uitgerek en daar is myns insiens te veel “telling” en te min “showing”.

Die voorspel en epiloog is gewoon onnodig en die slot voel geforseerd.

Maar as jy hou van swymel en snik sal dit nie ’n doodsonde wees om dié een aan te skaf nie. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!