Asblikmoord: Vrou beskuldig man
Sy moes hom vergesel om die lyk weg te gooi, brandstof te gaan koop én die oorskot aan die brand te steek, beweer een van die negejarige meisie se vermeende moordenaars.
Denver Kisting
'n Vrou (36) wat gisteroggend saam met 'n negejarige meisie se ma (37) weens die kind se dood voor die hof gedaag is, beweer haar man het die kind, Akundaishe Natalie Chipomho, doodgeslaan.
Me. Caroline Nkata en die kind se ma, die verpleegster me. Rachel Kureva, het op aanklag van moord, dwarsboming van die gereg en lykskending in die Windhoek-landdroshof verskyn.
Nkata se man was nie saam met die twee vroue in die beskuldigdebank nie, omdat hy nog mediese behandeling ontvang vir beserings wat hy tydens 'n motorongeluk opgedoen het.
Kureva het aan landdros Ndapewa Amadhila gesê sy het regsversekering en sal 'n prokureur aanstel.
Nkata het besluit om haar eie verdediging te behartig. “Ek dink ons moet voortgaan sonder 'n prokureur.”
Amadhila wou toe by haar hoor hoe sy beplan om op die klagte te pleit.
“Tot 'n mate is ek skuldig.”
Maar, het sy gesê, “ek het nie die kind doodgeslaan nie. Al wat ek gedoen het was. . . Eintlik het hy my gedwing om saam met
hom te gaan om die lyk weg te gooi.”
Nkata het toe verder erken hoewel sy glo nie die kind help doodslaan het nie, was sy teenwoordig.
“Die ding is, ek was daar toe die kind gesterf het. Ek was tuis toe sy geslaan is.”
Volgens haar het haar man haar toe gedwing om hom te vergesel om die lyk te gaan weggooi in 'n munisipale drom in Ooievaarstraat in Windhoek-Noord.
Daarnaas moes sy hom eweneens vergesel om paraffien te gaan koop en toe die lyk aan die brand te gaan steek, het die vrou gister in die stampvol gepakte hofsaal aangevoer.
Die staatsaanklaer, me. Andrie Hendricks, het gesê die ondersoek is tans in 'n vroeë stadium.
Volgens haar moet verskeie verklarings nog by getuies bekom word.
Die verslag van die nadoodse ondersoek, 'n forensiese verslag, die fotoplan van die misdaadtoneel en kringtelevisiebeeldmateriaal van 'n vulstasie is eweneens nog uitstaande, het sy gesê.
Hendricks het gesê die staat staan formeel borgtog teen omdat die beskuldigdes as 'n vlugrisiko beskou word omdat hulle nie Namibiërs is nie. Hulle is burgers van Zimbabwe.
Vanweë die ernstige klagte wat hulle in die gesig staar, is die staat bang hulle slaan op die vlug.
Boonop moet een verdagte (die man op wie die vrou die skuld gepak het) nog voor die hof gedaag word.
Hendricks het gesê die staat is ook bang die beskuldigdes meng met getuies of die ondersoek in.
Daarnaas, het die aanklaer gesê dit sal nie in openbare belang of dié van die administrasie van geregtigheid wees indien die beskuldigdes op borgtog vrygelaat word nie.
Die saak is tot 17 April vir verdere polisieondersoek uitgestel.
Sou hulle op borgtog vrygelaat wou word, mag hulle 'n formele aansoek bring, het die hof gelas.
'n Afgetrede oudonderwyser het Saterdagoggend op die meisie se verbrande oorskot in 'n drom afgekom. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie