Asems jaag deur veld rondom Oanob
Nagenoeg 240 deelnemers het Sondagoggend die swem, bergfietsry en hardloop aangedurf.
Andrew Poolman - Drikus Coetzee spits hom deesdae meer op padfietsry toe, maar het nietemin die kollig gesteel by die jaarlikse Stauch & Partners veldtriathlon by Oanobdam naby Rehoboth.
In sy heel eerste veldtriathlon sou die voormalige Swakopmunder Sondagoggend inderdaad verder gewen het, as dit nie vir meganiese probleme in die laaste helfte van sy fietsryskof was nie. Boonop het hy iewers ook die regte spoor byster geraak.
Coetzee was agterna een van verskeie deelnemers wat vol lof was vir die moeite wat OTB Sport as organiseerders van nog 'n goed gereëlde kompetisie doen.
“Dit was nogal 'n moeilike roete, veral in die hardloopskof. Ek het tegniese probleme in die laaste agt kilometer op my fiets ondervind toe een van die onderdele gebreek het. Dit het verhinder dat ek ratte kon wissel en dit het gevolglik my tempo vertraag. Ek is nietemin baie tevrede om aan die wenkant te kon eindig,” het die voormalige wêreldklas driekampatleet gesê.
Coetzee se teëspoed het die deur vir van sy uitdagers oopgemaak.
Hans du Toit wat algeheel tweede was, vertel: “Ek het goed geswem en het seker so onder die eerste agt uit die water geklim.
“Die fietsroete was baie moeiliker as vroeër jare. Ek het 'n bietjie teruggehou, want ek het geweet die drafdeel is ook 'n nuwe roete met baie meer klimwerk. Ek het sowat 'n minuut ná Andrew Rowles van die fiets afgeklim. Ek het hom so ná een kilometer gevang en vir Drikus so ná 2 km.
“Drikus ry mos deesdae meer fiets, nie meer driekamp nie. Ons het saam gehardloop en op die laaste kilometer moes ek stop om water te drink. Hy het toe die gaping geskep en dit behou. My hardloopdeel het baie goed gegaan, maar ek sou onder normale omstandighede nooit eens vir Drikus gesien het as hy nie teëspoed op die fiets gehad het nie.
“My eintlike kompetisie was Andrew Rowles, wat onlangs 'n uitstekende derde plek in sy ouderdom by 'n Xterra-byeenkoms in Suid-Afrika behaal het. Hy was Sondag tweede in ons ouderdomsgroep.
“Ek dink my hardlooptyd was die vinnigste van die dag ... nie te sleg vir 'n toppie van 40-plus nie.”
VROUEKAMPIOEN
Benita Kasch, wenner van die vroueresies, sê die Stauch & Partners triathlon bly een van haar gunsteling sportbyeenkomste in Namibië.
“Vanjaar se kompetisie was spesiaal omdat die vlak van die Onabdam heelwat hoër as verlede jaar was. Die ent op die bergfiets was tegnies meer uitdagend as vorige jare, maar ek het dit geniet.
“Ek het nie geweet wat om op die nuwe hardlooproete te verwag nie, dus het ek my energie 'n bietjie gespaar gedurende die swem en die fietsry. Dit was wonderlik om die hardloopskof deur riviere en bo-oor groot rotsformasies aan te pak – dit het my herinner aan die vorige X-Trail Run op die plaas Godeis.
“Die roete-aanwysings was oral duidelik afgemerk en ek hoop dat die nuwe roetes vir die toekoms so behou word.”
STEWIGE GROEI
'n Toename van 30 persent in die getal deelnemers het meegebring dat 240 inskrywings ontvang is in vergelyking met die vorige jaar se 180.
As die enigste triathlon in die land wat veldroetes eerder as teerpad vir die fietsry- en hardloopskofte gebruik, was die byeenkoms in sy elfde bestaansjaar.
Die organiseerders van OTB Sport bedank Stauch & Partners argitekte vir die borgskap van die laaste vyf jaar, wat as 'n reddingsboei vir veldtriathlons gekom het in 'n stadium toe 'n gebrek aan borgskap gedreig het om die byeenkoms te kelder.
Yvonne Brinkmann van OTB Sport sê: “Vir 2017 het ons die fietsroete, asook die Enduro-afstand se hardlooproete verander. Deelnemers se terugvoering was dat dit heelwat moeiliker, maar nogtans beter was. Die warm Sondagoggend het sake vir die Enduro-deelnemers nog moeiliker gemaak.”
Die uitslae was soos volg ( * beteken dat 'n straftyd bygevoeg is):
ENDURO (1.1 km swem, 28 km fietsry, 9 km hardloop)
Elite mans: 1 Drikus Coetzee 02:25:55; 2 Cobus Smit 02:39:46; 3 Danie Joubert 02:50:29; 4 Braam Vermeulen 03:03:16; 5 Christof van Niekerk 03:04:31; 6 Drikus Delport 03:09:03; 7 Oliver Greeff 03:13:17; 8 Anton Swart 03:13:42; 9 Michiel Greeff 03:21:36; 10 Helge Timm 03:47:28.
Elite vroue: 1 Benita Kasch 03:09:26; 2 Robyn-Lee Swartz 03:33:28; 3 Nelia Landsberg 03:44:46*.
Vroue 40 jaar en ouer: 1 Elke Jagau 03:15:32; 2 Barbara Ackermann 03:47:27; 3 Berrit Graf 03:51:22*.
Mans 40 jaar en ouer: 1 Hans du Toit 02:26:12; 2 Andrew Rowles 02:32:43; 3 Stefan Bohlke 02:58:51; 4 Stefan van Doorn 03:15:41; 5 Mark Brinkmann 03:18:00.
Manspanne: 1 3Fast 3Furious 02:27:47; 2 G & Van 02:41:37.
Gemengde spanne: 1 ESI 02:28:25; 2 Give it a Tri 02:39:43; 3 Team HIC! 02:45:45.
SPRINT (600 m swem, 14 km fietsry, 4 km hardloop)
Seuns 16 en jonger: 1 Divan du Plooy 01:15:28; 2 Dominic Theissen 01:51:20; 3 Arkell Wellmann 02:09:58.
Elite vroue: 1 Lelani Swart 01:30:14; 2 Charmaine Shannon 01:35:25; 3 Wilmerie Schafer 01:41:43; 4 Jeane-Marie van Heerden 01:47:02; 5 Rhyna Thiel 01:52:52.
Elite mans: 1 Morné Honiball 01:19:05; 2 Nelis van Zyl 01:23:58; 3 Arno Möhr 01:25:14; 4 Jean- Paul Wehnert 01:25:29; 5 Rene Graf 01:31:11.
Vroue 40 jaar en ouer: 1 Gudrun Marschall 01:40:10; 2 Lindy van den Bosch 01:44:53; 3 Nicky Knox 01:55:19.
Mans 40 jaar en ouer: 1 Paul Brinkmann 01:14:37; 2 Roual Spangenberg 01:21:30; 3 Steven Paschke 01:23:37.
Manspanne: 1 Team Natkak 01:16:44; 2 Tri Me 01:38:14.
Gemengde spanne: 1 Splash Flash Dash (#124) 01:14:18; 2 Down under Tri Thunder 01:32:51; 3 Tri-hards 01:35:23.
MINI (300 m swem, 4 km fietsry, 2.5 km hardloop)
Meisies 12 jaar en jonger: 1 Ada Kahl 00:52:44; 2 Anna Michelle Weber 01:06:50; 3 Maja Brinkmann 01:09:22.
Seuns 12 en jonger: 1 Nathan Chase 00:51:22; 2 Yenik Brinkmann 00:54:15; 3 Kian Brinkmann 01:06:23.
Vroue ope: 1 Gesa Kock 00:44:54; 2 Caren du Plessis 00:56:01; 3 Monique Venter 01:10:51.
Mans ope: 1 Morné du Toit 00:46:35; 2 David Weber 01:06:47; 3 Greg Chase 01:14:34.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie