Ashleigh bevestig deelname in Wellington

Fietsry
Andrew Poolman
Owen Kock



Sy sal dalk nog nie heeltemal haarself wees nie, maar sal wel volgende maand in die nasionale kampioenskap in aksie wees.

So sê die tweemalige Olimpiese fietsryer, Ashleigh Moolman-Pasio, wat van 2013 tot 2015 die Suid-Afrikaanse nasionale tydtoets- én padfietsry-kampioen was.

Moolman-Pasio (31) het herstel van 'n fraktuur in haar heup wat sy in Oktober verlede jaar in Frankryk opgedoen het.

Vanjaar se nasionale kampioenskap word van 7 Februarie buite Wellington gehou. Moolman-Pasio sal haar terselfdertyd staal vir die begin van die Europese seisoen op 25 Februarie in België.

Moolman-Pasio, 'n oudleerling van die Hoërskool Eunice in Bloemfontein, het op 23 Oktober tydens die Chrono des Nations-tydtoets in Frankryk, 'n fraktuur in 'n been in haar heup opgedoen toe sy teen 'n stilstaande motorfiets vasgery het.

Die motorfiets was in die middel van die pad geparkeer om beskerming te bied aan 'n ander ongeluk tydens die tydtoets. Moolman-Pasio, wat vir die Cervelo Bigla-span ry, het geen waarskuwing gehad nie en kon die botsing nie vermy nie.

Sy het drie dae in 'n Franse hospitaal deurgebring voordat sy terug na Suid-Afrika gevlieg het.

“Gelukkig was geen operasie nodig nie en wonderbaarlik het ek vinniger as verwag herstel. Aanvanklik was die diagnose dat ek vir drie maande uit sou wees, maar ek is reeds weer terug op die pad,” sê Moolman-Pasio uit Knysna.

“Ek kon aan die begin van die besering glad nie regop sit nie en het sterk pynstillers in die hospitaal ontvang. Met my aankoms in Suid-Afrika het ek nog vier dae in die Milnerton Medi-Clinic deurgebring aangesien dit naby my ma was.

“Ek oefen nou weer goed, maar nie so sterk as wat ek gewoonlik sou oefen nie. Ek verduur nog ietwat ongemak, dus sal ek met die nasionale kampioenskap nie heeltemal op my beste wees nie.

“Sodra ek weer op volsterkte kan oefen, behoort alles beter te gaan. Ek verwag daarom nie té veel op die nasionale kampioenskap nie. My oefening in November en Desember in Knysna het goed verloop en daarom kan ek aan die nasionale kampioenskap deelneem,” het sy vervolg.

Pasio-Moolman moes haar verlede jaar weens siekte aan die nasionale kampioenskap onttrek.

Sy het verlede jaar op die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro in die tiende plek in die vroue padwedren klaargemaak. In die tydtoets daar was sy 12de.

In 2014 het sy 'n bronsmedalje op die Statebondspele in padren in Glasgow, Skotland, gewen. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!