Ashwin wend hom tot Gelykheidshof
Rugby
Cobus Claassen - Ashwin Willemse het besluit om hom nie aan SuperSport se ondersoek te onderwerp nie, want dit was 'n “vrugtelose oefening” en hy gaan hom eerder tot die Gelykheidshof wend.
Willemse se prokureur, Nqobizitha Mlilo, het by navraag bevestig die saak wat hulle voor dié hof wil stel, is in 'n “gevorderde stadium”.
Mlilo het vroeër aan Jacaranda News gesê die voorval – met verwysing na Willemse wat hom verlede maand vir sy mede-ontleders, Nick Mallett en Naas Botha, vererg het en tydens 'n regstreekse uitsending uit 'n ateljee van SuperSport gestap het – is in rassisme gewortel.
Dit kom 'n dag nadat dié uitsaaier bekend gemaak het dat adv. Vincent Maleka SC in sy ondersoek na die voorval geen aanduiding van rassisme of selfs subtiele rassisme van Mallett of Botha teenoor Willemse kon vind nie.
SuperSport het bevestig Willemse het nie aan die ondersoek deelgeneem nie, omdat hy onseker was of dit die regte forum was om sy griewe te lug.
“Daar is twee punte wat ter sprake is: 'n kwessie van wet en 'n kwessie van proses.
“Ons het gevra wat is die wetlike status van die ondersoek wat adv. Maleka uitvoer.
“Die kontraktuele verhouding tussen Ashwin en SuperSport is dié van 'n onafhanklike kontrakteur, so wat presies is die wetlike grondslag van die ondersoek?”
Mlilo sê hulle was voorts nie gemaklik met die “wyse waarop adv. Maleka die ondersoek sou hanteer nie”.
“Ons glo steeds die hele voorval was gewortel in rassisme.”
Maleka, 'n senior advokaat en waarnemende regter, kon in sy ondersoek niks kry wat daarop dui dat “naakte rassisme” of “rassistiese oorwegings” daartoe gelei het dat Willemse uit die ateljee gestap het nie.
SuperSport het Willemse ook vergeefs probeer oorreed om getuienis te lewer. Die sperdatum van Maleka se verslag is by twee geleenthede om Willemse se onthalwe uitgestel, net vir hom om uiteindelik te besluit hy gaan nie sy saak stel nie.
Maleka het onder meer voorgestel dat SuperSport sy verslag na die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) verwys.– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie