Askuus?
Askuus?

Askuus?

Dani Booysen
‘n Gebrek aan optrede teen swak bestuur, misbruike deur leiers en die amptenary sowel as korrupsie is een van die hoofredes wat sulke gedrag in die hand werk.

‘n Mens moet saam met ‘n amptenaar in die ministerie van finansies stem dat dit darem baie dik vir ‘n daalder is dat die hoofaankoopbeampte by die sentrale mediese store (CMS) heeltemal onskuldig is in ‘n tenderskande wat die jaar reeds drie jaar oud sal wees.

Me. Fabiola Vahekeni en die ministerie van gesondheid moet gerus hierdie kwytskelding aan Jan en San Publiek verduidelik.

‘n Lysie van die rooi ligte in die sogenaamde noodtransaksie:

1) Die tenderaars is bekend aan die aankoper.

2) Die medisyne was ongeskik vir gebruik.

3) Die tender is toegeken ondanks die feit dat die aansoekers nie oor die nodige plaaslike lisensies beskik het nie.

4) Plan B was om medisyne uit China in te voer – sonder goedkeuring van die afwyking van die ooreenkoms of om vas te stel of die nuwe verskaffer aan tenderspesifikasies voldoen.

5) Die verkrygingskomitee en betaalmeester is nie in die besluite geken nie.

Hoekom stink dit alles nie, net so erg soos vrot vis?

Boonop is die CMS gevra om self die ondersoek te behartig. Die speurtog moes eerder deur onafhanklike buitestaanders gedoen word.

Die snuf in die publiek se neus is onder meer dat ander, selfs meer senior betrokkenes dalk bloot beskerm word deur hierdie was van die hande onder die kraan van onskuld.

Maar korrupsie is mos nié so ‘n groot probleem nie…

So sê ander

24 Maart 2021

Ficksburg-beleg is deel van lojale verset wat groei

Dit is tragies dat, soos by Ficksburg, inwoners so ver moet gaan om paaie af te sper om owerhede te kry om te doen wat hulle moet.

Hoewel die padbeleg van Sechaba sa Ficksburg (“Mense van Ficksburg”) positiewe stukrag ontketen het, is dit nie die ideaal nie. Dit is wel een van die gevallestudies van Suid-Afrikaners wat, hetsy deur protes, bewusmaking, regsoptrede, samewerking of ’n kombinasie, in die aangesig van dekade lange versuim self ingryp om dienste af te dwing of self te lewer en hul gemeenskappe te probeer red.

Die ANC-regering op alle vlakke in wie se handleiding diens en instandhouding vloekwoorde is, laat hulle sonder ’n ander keuse.

Waar boere én taxi-eienaars in dieselfde juk getrek het, lê die blywende waarde in die verfrissende samewerking oor historiese grense heen. Mense het verskille én geskille agterweë gelaat en hulle sonder geweld of plundery vir ’n gemeenskaplike doel beywer. Terwyl hulle mekaar beter geleer ken het.

Feitlik landwyd verg vervalle infrastruktuur algehele opknapping of vervanging.

Maar só dryf die ANC die lojales bymekaar wat bymekaar hoort en ’n verskil wil meebring.

• VOLKSBLAD (NETWERK24)

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!