Aspirant-verslaggewers in aksie
Baie van die nuusbrokkies en foto's oor gebeure en aktiwiteite by Edugate Academy in Otjiwarongo wat in Noorderlig en Republikein gepubliseer word, word deur twee leerlinge aan dié skool self geskryf en geneem.
Shani Burger is ? gr. 9-leerling met haar oor op die grond en haar vingers gereed op die rekenaartoetse. Sy het al verskeie bydraes oor skoolprestasies en interessante gebeure in en om die dorp geskryf en stel baie daarin belang om eendag haar brood op dié manier as joernalis te verdien.
Nikita Purén is ook in gr. 9 en verantwoordelik vir baie van die foto's oor verskillende skoolaktiwiteite. Danksy haar het Edugate byvoorbeeld 'n volledige fotobeeld van hul Feesjaar 2013. Sy is reeds op die dorp bekend vir haar interessante komposisies en omvattende dekking van alle gebeure. Sy het ook 'n fotokursus by Scott Hurd voltooi.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie