• Tuisblad
  • Sake
  • Astral Foods: 'Beleggings in SA is 'n fantasie'
Astral Foods: 'Beleggings in SA is 'n fantasie'
Astral Foods: 'Beleggings in SA is 'n fantasie'

Astral Foods: 'Beleggings in SA is 'n fantasie'

Alet Van Der Walt



Dit is tyd dat die internasionale media begin berig oor die vernietiging van Suid-Afrika, sê TLU SA.

Hy het hom Dinsdag skerp uitgespreek oor die verval op Standerton in Mpumalanga wat volgens plaas­like mediaberigte ekonomies onderhou word deur Astral Foods, die land se grootste hoenderprodusent.

Die maatskappy onderhou glo selfs die dorp se infrastruktuur.

Chris Schutte, Astral Foods se uitvoerende hoof, sê in 'n media-onderhoud beleggings in die land is net 'n fantasie solank as wat infrastruktuur tot niet gaan.

Astral Foods het drie jaar gelede 'n hooggeregshofbevel gekry wat hom toelaat om krag regstreeks van Eskom aan te koop nadat die dorp se krag weens wanbetaling van R300 miljoen afgesny is.

Schutte sê hy is sinies oor pres. Cyril Ramaphosa se oproepe om beleggings na die land te lok en sy beloftes van ekonomiese groei terwyl noodsaaklike infrastruktuur oor die land heen stukkend of vervalle is.

“Jy kan nie die ekonomie ontwikkel sonder infrastruktuur nie. Jy kan praat tot jy blou in die gesig is, maar as jy in Suid-Afrika 20 km buite ­stedelike gebiede ry, sien jy hoe alles verval,” sê hy.

Schutte sê Astral se ­hoenderplase kry al vyf maande lank nie meer ­munisipale water nie.

Voor dit het Astral vyf jaar lank die munisipaliteit se waterinfrastruktuur help instandhou.



SELF PYPLEIDING BOU

Hy sê Astral het die pompe gediens, vervang en in stand gehou, maar die infrastruktuur het oor die jare so verval dat die plaaslike munisipaliteit nie meer in Astral se waterbehoeftes kan voorsien nie.

Astral gaan nou self 'n pypleiding van 7 km lank teen 'n koste van R120 miljoen bou.

Intussen word water daagliks met tenkwaens na die hoenderaanleg aangery.

Schutte sê die probleme met water kos sy maatskappy tot dusver R93 miljoen en 'n verdere R2 miljoen maandeliks vir brandstof en die huur van voertuie.

Dit beteken 13% van ons wins is net weg, sê hy. Hy sê ouditverslae wys dit is net 'n kwessie van tyd voordat die dorp se elektriese infrastruktuur só verval dat dit ineenstort.

Die hoenderplaas se abattoirs en verkoelingsgeriewe is so groot dat kragopwekkers nie sal deug nie. Ons het betroubare krag van Eskom nodig, sê hy.

Daar is al hierdie planne, vergaderings, oudits, nog vergaderings en ­telefoonoproepe, maar op grondvlak gebeur absoluut niks nie, sê Schutte.

Astral het 2 600 mense by die hoenderaanleg in diens en nog 1 500 werk indirek vir die maatskappy.

Sonder Astral sal Standerton nie 'n inkomste hê nie, sê Schutte.

Hy sê Astral het voorheen mielies per spoor vervoer, maar die spoorweginfrastruktuur het só verval dat vragmotors teen 'n ekstra koste van R40 miljoen per jaar gebruik moet word. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!