Astrobaan nou ’n werklikheid!
Die derde astro-hokkiebaan in Namibië, lê op die tuisvelde van WAP.
Hanné Snyman en Anje Kruger van Windhoek Afrikaanse Privaatskool - Windhoek Afrikaanse Privaatskool (WAP) spog met ’n grasgroen nuwe astro-hokkiebaan. Die skool beplan al die afgelope twee jaar om hierdie baan te bou en dit het uiteindelik in middel Januarie 2017 in werking getree. Daar was sewe verskillende kontrakteurs betrokke by die ongeveer vier maande lange bouproses. Alles is tot in die fynste besonderhede beplan en daar is selfs kraglyne en rioolpype geskuif om plek te maak vir die indrukwekkende groen baan. ’n Ingewikkelde en tydsame proses.
Met die Privaatskolenaweek wat aangebreek het, is daar inderhaas die laaste naweek voor hierdie reuse geleentheid gewerskaf om alles in plek te kry. Ma’s, pa’s, tannies, ooms en selfs oumas en oupas het saam met die kinders kom help sand oor die baan vee en gesorg dat die laaste paar goedjies in plek is. Die eerste wedstryd het Donderdagoggend vroeg, tussen WAP- en Elnatan se eerste meisies-spanne, op die baan plaasgevind.
Mnr. Des van Heerden, skoolhoof van Windhoek Afrikaanse Privaatskool, meen dat die baan die skool en land se hokkie-standaarde sal verbeter. Die gehalte van die mat is dieselfde as wat in China en Beijing tydens die wêreldkampioenskappe gebruik word. Dit is ’n voordeel vir leerlinge van WAP omdat daar nou op ’n eie astrobaan geoefen en gespeel kan word, in plaas daarvan om ander skole se bane te huur.
Mev. Denené de Wet, ’n hokkiespeler by Wanderers-klub asook hokkie-afrigter, sê dat die baan absoluut die moeite werd is en die spelers se vaardighede en hokkie oor die algemeen baie gaan verbeter, op skool en klubvlak. Dit gaan ook meer kinders kan betrek en spanne sal op internasionale vlak kan begin kompeteer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie