Atlete en Paralimpiërs beloof inspanning op baan en veld
Moenie verbaas wees indien een of twee voorheen onbekende klubatlete die Grand Prix-reeks gebruik om op die voorgrond te tree nie.
Tielman van Lill – Nagenoeg 13 klubs en 86 atlete het reeds ingeskryf om môreoggend vanaf negeuur vir Atletiek Namibië se vierde senior Grand Prix-byeenkoms vir 2020 by die Onafhanklikheidstadion in die hoofstad mee te ding.
Die kompetisie geborg deur Crystal Gold is die nasionale beheerliggaam (AN) se eerste vandat hy weens Covid-19-inperkingsmaatreëls die vierde en vyfde GP-byeenkomste asook die senior nasionale Namibiese kampioenskap tot later moes uitstel.
Die prysgeld van die Grand Prix-reeks ('n gesamentlike N$100 000) dien gewis as aansporing vir die land se toppresteerders in die sport.
Die meeste inskrywings is van die Unam-atletiekklub ontvang wat met 23 atlete in 32 items wil meeding. Windhoek Gimnasium en die QSB-klub het beide 13 deelnemers, maar die QSB-atlete gaan in 20 items hul talent ten toon stel, terwyl die Gimmies op nege items ingestel is.
Tien gestremde atlete, van Namib Lions (agt) en Welwitchia-77 (twee), sal die geleentheid benut om in baan- en veld-items hul peil te bepaal. Bekende siggestremde Paralimpiese medaljewenners soos Johannes Nambala en Ananias Shikongo (beide Welwitschia-77) gaan aan die 100 en 400 meter deelneem, terwyl Lahja Ishitile (F11), vorige Statebondspele-medaljewenner, as siggestremde verspring gaan deelneem.
Die gewigstoter (T54, rolstoelklas) Rudley Gowaseb tel onder die Namib Lions se agt atlete. Die ander is Julien Awaseb (T13- 100 m), Martha Haitekalute (F37 gewigstoot), Petrus Kasanga (T37 1 500), Chris Kinda (T11 100- en 400), Simon Shihepo (F37 diskus en gewigstoot) en Silvia Shivolo (F40 gewigstoot).
Die nasionale kampioen in diskusgooi, Ryan Williams, neem vir QSB deel (diskusgooi en gewigstoot), met Ludwig Huber wat hom in beide items gaan uitdaag. Die meestersatleet Hella Kuppe is die enigste in haar klas en sal vir die spies- en diskusgooi asook gewigstoot nader staan.
Ander bekende atlete van Nampol is Sandro Diergaardt (100 en verspring), Ernst Narib (400), Rainhold Tomas (5 000), Jesse Urikhob (100) en Wencuslaus Klaasman (hoogspring).
GEEN MASILINGI
Die wêreld en Afrika se nommer een 400 m-atleet sover vanjaar, Beatrice Masilingi van Grootfontein, sal weens 'n nuwe strawwe oefenprogram nie môre te sien wees nie.
Mnr. Henk Botha, haar afrigter, het aan Republikein verduidelik: “Ná Beatrice se nuwe Namibiese rekord en top-internasionale tyd 'n paar naweke gelede by die Kip Keino Classic in Nairobi, het ek haar vir twee weke laat rus. Ons het toe met 'n intense program weggespring om haar vir volgende jaar se Olimpiese Spele in Tokio voor te berei.
“Dit sal sinneloos wees om haar nou te laat hardloop. Sy moet volgende jaar op die regte oomblik haar beste peil bereik om te kan kwalifiseer. Dus sal ons nie in Windhoek vir die Grand Prix wees nie.”
Masilingi (17) het op 3 Oktober in Nairobi by Wêreldatletiek se senior Goue Kontinentale-byeenkoms die Namibiese senior nasionale rekord van 51.36 sekondes in die 400 meter-naelloop verpletter toe sy haar persoonlike beste tyd tot 50.99 gesnoei het.
Dié vertoning plaas haar boaan Wêreldatletiek se ranglys in die topprestasie sover vanjaar van enige o.18- óf o.20-hardlopers. Sy is ook Afrika se nommer een senior vrou en vierdebeste internasionaal onder die senior vroue vir 2020.
Die briljante tyd het ook die kwalifiserende peil vir die 2021 Olimpiese Spele oortref, hoewel die atletiekowerhede intussen die tydgleuf vir kwalifisering verander het. Atlete kan eers vanaf 1 Desember vir die 2021 Olimpiese Spele kwalifiseer.
Die 13 klubs se getalle atlete en items het teen gister soos volg ingeskryf: Cheetah-atletiekklub (1 atleet, 1 item), Golden Cheetah (5, 6), Namib Lions (13, 17), Nampol (8, 9), NDF (2, 2), Olupale (1, 1), Omaruru (6, 8), 8 QSB (13, 20), Rehoboth (1, 1), Triomf (3, 5), Unam (23, 32), Welwitschia-77 (3, 5), Windhoek Gimnasium (7, 9).
Die finale inskrywings sal glo eers vandag deur AN bevestig kan word en nog klubs en private inskrywings kan verwag word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie