Atlete mag su00f3 verbode middels gebruik
Atlete mag su00f3 verbode middels gebruik

Atlete mag só verbode middels gebruik

Andrew Poolman
Wim Pretorius

Die gebruik van verbode middels vir terapeutiese doeleindes (TUE’s) is tans ’n onderwerp wat gereeld opduik met verskeie atlete se inligting in die verband wat deur die Russiese kuberkrakergroep Fancy Bears uitgelek is.

Om dit eenvoudig te stel, verwys TUE na mediese kwytskelding wat atlete toelaat om middels te gebruik wat andersins verbode is.

Suid-Afrika se Olimpiese swemmer Cameron van der Burgh se lêer is vroeër vandeesmaand een van dié wat deur Fancy Bears uitgelek is. Hy is toegelaat om van 2009 tot 2013 verbode asma­medikasie (salbutamol) te gebruik.

Volgens Khalid Galant, die uitvoerende hoof van die Instituut vir Dwelmvrye Sport Suid-Afrika (Saids), is die proses wat gevolg word vir Suid-Afrikaanse atlete glad nie vreemd nie.

“Suid-Afrika het ’n kommissie wat alle aansoeke om mediese kwytskelding vir atlete moet oorweeg en goed- of afkeur op grond van internasionale standaarde,” het Galant gesê.

Internasionale atlete en diegene wat deel is van die geregistreerde toetspoel (RTP) moet vir mediese kwytskelding aansoek doen. Atlete wat nie in die kategorieë val nie, kan ook aansoek doen, selfs nadat hulle van die verbode middels vir mediese doeleindes gebruik het.

Huisdokters kan nie aansoeke om mediese kwytskelding goedkeur nie, maar hulle kan die atlete voorsien van ondersteunende mediese dokumentasie.

Galant meen daar is ’n opvatting dat dié kwytskelding ’n reg is, maar sê dit is nie die geval nie.

“Die kwytskelding sal net toegeken word indien dit voldoen aan die internasionale standaard en as daar geen terapeutiese alternatiewe op die lys van middels of metodes is wat wel toegelaat word nie.”

Om net ’n mediese vorm en ’n aansoek om mediese kwytskelding in te stuur, waarborg nie dat dit goedgekeur sal word nie.

’n Atleet mag slegs ’n verbode middel gebruik indien goedkeuring verleen is.

Alle mediese kwytskeldings word op ’n databasis gelaai wat toelaat dat atlete enige plek in die wêreld toegang daartoe het.

Volgens Galant is die mees algemene aansoek om mediese kwytskelding wat hulle kry vir Ritalin vir die behandeling van Aandagafleibaarheidsindroom (ADHD).

Ritalin is op die lys van verbode middels.

“Ons kry gereeld aansoeke vir gebruik van testosteroon waar diegene wat aansoek doen, meen hulle sukkel met moegheid of lae libido,” sê Galant.

“Die aansoek kom met al die nodige mediese dokumentasie van dokters, maar omdat moegheid of lae libido nie lewensbedreigende toestand is nie en daar terapeutiese alternatiewe is, het ons die aansoeke afgekeur.”- Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!