Atlete ontvang horlosies
Atletiek
Die atletiekafrigter mnr. Henk Botha van Grootfontein saam met sy tienerjarige uitblinkeratlete Beatrice Masilingi en Christine Mboma, wat vanjaar beide die Olimpiese 200-finaal gehaal het, voordat hulle ook by die o.20-wêreldkampioenskap in Kenia die medaljes ingeryg het. Saam met hulle is mnr. Veranus Shinyembah wat gister Vella-horlosies as geskenke aan die drietal geskenk het. Mboma, wenner van die silwermedalje in Tokio 2020 (die eerste Olimpiese medalje deur 'n Namibiese vrou en eerste deur enige Namibiër sedert Frank Fredericks in 1996) is die gunsteling vir die groot pryse by die Namibië Sporttoekennings vir 2020 en 2021 wat môreaand in Windhoek geskied. Foto Limba Mupetami
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie