Attie Beukes oorlede
Attie Beukes oorlede

Attie Beukes oorlede

Augetto Graig
Die leier van die Kommunistiese Party van Namibië, voorheen bekend as die Werkers se Revolusionêre Party (WRP), mnr. Attie Beukes, is oorlede.

Volgens sy eggenoot me. Rosetta Beukes het hy Maandag omstreeks agtuur die aand by die Lady Pohamba privaathospital in die hoofstad gesterf.

Hy is aan ’n hartaanval oorlede, maar het ook aan chroniese longprobleme gely, sê sy. Beukes sou op 9 Augustus 70 jaar oud geword het.

Hy laat sy jonger broer Martin Beukes, sy vrou, vyf dogters en kleinkinders agter. Sy sesde dogter het as ’n baba gesterf.

Me. Beukes sê begrafnisreëlings is nog nie bevestig nie, maar sy verwag dat dit moontlik aanstaande Saterdag gehou sal word. Die familie sal die besonderhede daaroor bekend maak.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!