AU debatteer Marokko se versoek om lidmaatskap
Leiers van die Afrika-unie (AU) het gister tydens 'n spitsberaad in Addis Abeba vergader waar groot verdeeldheid in verskeie streke bespreek is.
Van die sake waaroor die Afrika-unie (AU) moet besluit, is Marokko se aansoek om weer lid van die organisasie te word en om vir 'n nuwe voorsitter te stem.
Die twee dag lange spitsberaad in Ethiopië kom ná verskeie opskuddings op die internasionale front: Die verkiesing van Donald Trump as Amerikaanse president en 'n nuwe sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Antonio Guterres, wat die AU-spitsberaad se opening toegespreek het.
Sondag het Guterres Ethiopië se vrygewigheid geprys met die verwelkoming van vlugtelinge uit die streek, wat met die ergste droogte in 50 jaar worstel.
Dit is “'n voorbeeld wat ek dink wêreldwyd oor nagedink moet word waar baie grense ongelukkig gesluit word,” het hy in skaars verbloemde kritiek teen Amerika se verbod op reisigers uit sewe Moslemlande, insluitende Libië, Somalië en Soedan in Afrika gesê.
Onsekerheid oor Afrika se betrekkinge met Trump se Amerika was een van verskeie kwessies wat die aandag van AU-leiers verg. Onstabiliteit in Libië, radikale Islam in Mali, Somalië en Nigerië asook stagnerende vredespogings in Suid-Soedan is ook op die sakelys.
Gister se gesprekke is oorheers deur Marokko se aansoek om, 33 jaar nadat die land uit die AU bedank het uit protes teen die organisasie se aanvaarding van Wes-Sahara as lid, weer tot die AU toegelaat te word.
Die lidmaatskap van welvarende Marokko kan 'n aanwins vir die AU wees, wat 'n sleutelfinansier in die oorlede Libiese diktator, Moeammar Ghaddafi, verloor het. Die organisasie werk hard om geldelik onafhanklik te word. Buitelandse skenkershulp maak volgens die Instituut vir Veiligheidstudies 70 persent van die AU se begroting uit.
'n Marokkaanse diplomaat het Sondag gesê die land geniet “onvoorwaardelike steun” van 42 lede van die AU. As 'n teken van weerstand het 12 lande, insluitende swaargewigte soos Nigerië, Suid-Afrika, Algerië, Kenia en Angola, 'n regsmening van die AU gevra oor die aanvaarding van Marokko, wat volgens sommige lede 'n ander land se grondgebied onwettig beset.
Hierdie lande steun vir 'n geruime tyd Wes-Sahara se Polisario-front se stryd om onafhanklikwording te verkry.
Marokko hou vol dat die voormalige Spaanse kolonie 'n integrale deel van die koninkryk is terwyl die Polisario-front 'n referendum oor selfbeskikking eis.
- Nampa/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie