AU-paspoort sal vasteland oopmaak
AU-paspoort sal vasteland oopmaak

AU-paspoort sal vasteland oopmaak

Die paspoort is tans net beskikbaar vir regeringsleiers, diplomate en AU-beamptes.
Ellanie Smit
Ellanie Smit – Die Afrika-Unie (AU) paspoort sal glo vanjaar algemeen beskikbaar word, nadat die uitrolproses weens die Covid-19-pandemie vertraag is.

AU-paspoorthouers sal vrystelling van visumvereistes vir elk van die vasteland se 55 state hê.

Die paspoort is tans net tot die beskikking van regeringsleiers, diplomate en AU-beamptes, maar die oogpunt is om dit wyer toeganklik te maak om reis binne die kontinent te vergemaklik.

Die AU-paspoort is noodsaaklik vir die sukses van die Afrika Kontinentale Vryhandelsgebied (AfCFTA), het die Suid-Afrikaanse politieke ontleder en mediapersoonlikheid Justice Malala in sy ontleding van migrasie in Afrika as deel van die Henley Global Mobility Report 2021 gesê.



EKONOMIESE VOORDELE

“Reisbeperkings word meestal oor die kontinent opgehef en dit in kombinasie met die eerste goedkeuring en beplande ontplooiing van die entstof teen die coronavirus is goeie nuus vir die implementering van AfCFTA in 2021, nadat die pandemie die beplande bekendstelling in Julie verlede jaar vertraag het,” het Malala gesê.

AfCFTA beoog om 1.3 miljard inwoners in 'n ekonomiese blok van US$3.4 triljoen byeen te bring, om 'n enkele mark vir goedere en dienste benewens 'n doeane-unie met vrye beweging vir beide kapitaal en sakereisigers te skep.

Die paspoorte is deel van die AU se agenda 2063 vir 'n geïntegreerde kontinent wat polities verenig is, gebaseer op Pan-Afrikanisme en die visie van Afrika-renaissance.

Volgens die AU beoog die inisia­tief om Afrika se wetgewing te herskep, wat oor die algemeen steeds inperkend op die beweging van mense is ondanks politieke beloftes om grense oper te maak ter bevordering van die uitreiking van visums deur lidlande om die vrye beweging van alle Afrika burgers in alle Afrika lande te bevorder.

Sonder om die huidige, tydelike beperkings by te reken, is Japan boaan die wêreldindeks, met sy paspoorthouers wat sonder visums 191 bestemmings kan besoek.

Namibië is 68ste, met sy paspoort­houers wat 77 lande sonder visums kan besoek. Die getal kan toeneem met die AU-paspoort wat geen visums vir 55 lande vereis.

Die bekendstelling van die Afrika-paspoort en die oopstel van grense kan Afrika-reisigers die kans bied om hul kontinent beter te verken.

[email protected]; businesstech.co.za

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!