AU skors Soedan ná geweld
Die opposisie eis dat militêre leiers verantwoordelikheid vir die bloedbad aanvaar, ’n internasionale ondersoek en dat politieke gevangenes vrygelaat word.
Ethiopië probeer nou die krisis in sy buurland Soedan oplos ná die ergste bloedvergieting daar sedert die omverwerping van die diktator pres. Omar al-Basjir in April. Minstens 60 pro-demokrasiebetogers is die afgelope week dood.
Reuters berig die Soedanse regering sê 61 mense is dood, maar in opposisie-geledere word gesê 113 mense is dood nadat gewapende magte op betogers afgestorm het wat buite die ministerie van verdediging in Kartoem, die Soedanse hoofstad, geëis het dat burgerlikes die land moet regeer.
Die Afrika-Unie het Soedan Donderdag as lidland geskors totdat demokratiese verkiesings gehou word. Druk van oor die hele wêreld neem toe op Soedan se nuwe militêre leiers om die mag prys te gee.
Abiy Ahmed, Ethiopiese premier, het Vrydag na Kartoem gevlieg en afsonderlike samesprekings met Soedan se militêre raad en die leiers van die Verklaring van Vryheid- en Veranderingsmagte gehou, wat die burgerlike opposisie verteenwoordig. Abiy word algemeen geloof vir sy diplomatieke vaardighede. Hy was die vredemaker tussen Ethiopië en dié se buurland Eritrea.
Khaled Omar, ’n leier van die opposisie, het volgens Reuters gesê Abiy het voorgestel dat ’n oorgangsraad gestig word wat bestaan uit agt burgerlikes en sewe militêre offisiere.
Omar het gesê die opposisie eis dat die militêre leiers verantwoordelikheid aanvaar vir die bloedbad, dat ’n internasionale ondersoek na die geweld kom en dat politieke gevangenes vrygelaat word.
Gewapende magte het egter Mohammad Esmat, ’n lid van die opposisie-afvaardiging, in hegtenis geneem kort ná die samesprekings met Abiy, het ingeligtes in die opposisie gesê.
Soedan se staatsnuusagentskap, Suna, het berig die militêre raad is gereed om “enige tyd te onderhandel”. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie