Aucamp eerste in Nina-wedren
Aucamp eerste in Nina-wedren

Aucamp eerste in Nina-wedren

Bergfietsry
Andrew Poolman
Die bergfietsresies by die Nina Boerevereniging se onlangse pretdag sowat 160 km suidoos van Windhoek was weer ’n genotvolle byeenkoms.
Die fietsryers in die 50 km se roete het hulle oor drie plase gevat. Die terrein het gewissel van harde pad, klipperige plaaspaadjies, tweespoor harde sand tot bietjie dikker sand, en dan was daar nog ’n ligte wind wat die laaste 7 km in hul gesigte gewaai het.
Hannes Aucamp was eerste oor die eindstreep, met Willem Engelbrecht en Jeanne Lowe kort agter hom. Die eerste vrou by die eindstreep was Aletti Lowe, met Germien Stals en Martinique Scott agter haar. Die 30 km was ietwat minder uitdagend, hoewel die beenspiere ordentlik moes werk en ryers ook hul deel van tweespoor plaaspaadjies met klip en sand gehad het.
Dieselfde wind wat die 50 km ryers aanstoot gegee het, was ook in hul gesigte. Thomas Seifart was die eerste man oor die eindstreep met Riaan Swiegelaar en Gerhard Röhe volgende. Die eerste vroueryer was Riana Swiegelaar met Sandri Olivier en Geraldine du Plessis wat in haar nek geblaas het.
Op albei die roetes kon die lente ervaar word. Die kameeldoringbome met hul geel blommetjies en swarthaakbome in wit getooi, was oral in die veld sigbaar.
Die 10 km was gelyk pad wat hoofsaaklik deur die jongspan en die minder ernstige ryers aangedurf is. Die getal kinders was verblydend, met die jongste van die dag agt jaar oud.
Vanaf 14:00 het die “Grass rally” se deelnemers met hul voertuie weggetrek op ’n roete met talle “hindernisse”. Daar was kettieskiet, bokdrolspoeg, die gewig van beeste skat en nog baie meer, met die laaste ent sakresies hardloop.
Die laatkommers by die eindpunt het die prys vir die beste spangees gekry.
Die aand was tuisgemaakte sosaties, lamtjops, plaaswors en murgsagte lendeskyf (sirloin steak) op die spyskaart, waarna daar gedans is tot laat.
Die organiseerders bedank die borge CIC, Cymot, FNB Agri, Kia Motors, Meatco, Namibië Brouerye, NMC, Plastic Packaging, Safari Court Hotel, Taeuber & Corssen en Wimpy Maerua Mall.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!