Auf Wiedersehen, Deutschland!

Octavia Tsibes
Dis weer tyd vir ons skool se uitruilprogram met Duitsland.
Almal wat hierdie jaar gedurende die Mei-vakansie gegaan het, sal saamstem dat dit 'n toer was om te onthou!
“Ons toer het hopeloos te vinnig tot 'n einde gekom,” was Marlianca Labuschag­ne se woorde in haar toespraak oor die toer.
Dit was die derde keer dat Windhoek Gimnasium­ aan die uitruilprogram deelneem, met 22 skoolkinders en ses voogde. Die voogde was Colette Rieckert, Johan Rieckert,­ Wolfram Jauss, Kyra Stipp, Karina Theunissen en Marelize Horn. Ek wou by Colette Rieckert, ons skoolbestuurder, weet wat die doel van die uitruilprogram was.
“Die doel is om leerlinge se horisonne te verbreed – om hulle meer te wys en leer oor die wêreld, hoe ander mense leef en dink en hoe ander dele van die wêreld lyk sodat hul menswees verryk kan word.”
Hierdie oorsese belewenis is ongeveer drie weke lank, en in dié kort tydjie is vyf Duitse dorpies besoek. In elkeen is aan ongelooflike aktiwiteite deelgeneem.
Marlianca het gesê: “As Duitse uitruilstudente het ons die voorreg gehad om tydens die vakansie vir 20 dae na Duitsland te gaan. Ons het in Frankfurt geland waar ons twee dae spandeer het. Ons volgende stop was in Hagen, waar ons uitruilstudente woon. Ons het vier dae daar deurgebring.
“Tydens ons verblyf daar het ons onder meer na die Kletterwald gegaan en 'n sokkerwedstryd bygewoon, waar ongeveer
80 000 entoesiastiese toeskouers was. En ons het natuurlik ook saam met die studente hul klasse bygewoon.”
Verlede jaar was dit die Duitse uitruilstudentgroep se beurt om Namibië toe te kom, en waar ons hierdie toer as geleentheid sien om nuwe goed te ervaar en Duitsland se kultuur te leer ken, sien die Duitse leerlinge van Theodor- Heuss Gimnasium dit as 'n geleentheid om uit te reik na die minderbevoorregtes in die noorde van Namibië, waar hulle gehelp het om 'n huisie te bou.
Die leerlinge van Hagen het spesiaal 'n boek oor hul ervaring in Namibië geskryf.
“Die volgende dorp wat ons besoek het, was Keulen. Ná vier dae het ons na Freiburg vertrek waar ons drie dae gebly het. Ons laaste avontuur was in München waar ons nog vier dae gebly het,” het Marlianca gesê.
Vir Collette Rieckert was die fietsrytoer buite München die lekkerste.
“Die fietsry by Neuschwanstein en die besoek aan King Ludwig se kasteel was vir my 'n hoogtepunt. Nie alleen was dit 'n lekker dag en weer nie, maar ek het die pragtige natuurskoon om my geniet.”
Colette sê sy sal enige tyd weer Duitsland toe gaan.
“Ek is mal oor Duitsland! Ek dink hierdie jaar se aktiwiteite was perfek. Ook die feit dat ons nie heeltyd rondgejaag het om dinge te sien en doen nie, maar soms net 'n rustige rondlooptydjie gehad het.”
Liewe leser, as jy ooit wonder of jy oorsee moet gaan of selfs net moet wegkom van jou alledaagse lewe, doen dit net! Verbreed jou horisonne, besoek nuwe lande, leer nuwe tale en kulture ken en gryp elke geleentheid aan!

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!