Augustus-blues en -troos
Ek weet nie of dit net my eie ervaring is nie, maar hierdie tyd van die jaar hang daar ‘n soort moegheid in die lug.
Nes ‘n reënwolk wat heeltyd dreig om te breek, maar dit nie doen nie. Uiteindelik sorg die wolk net vir frustrasie en ongewone humiditeitsvlakke.
Almal soek ‘n break, iets wat hoop bring, of ‘n onverwagse engel om die situasie te verlig. Die vorige sewe maande se knou kan op mense se vingernaels gesien word.
As Augustus ‘n mens was, vermoed ek sou dié maand min of meer soos die koningin van Engeland lyk: moeg, effe uitgeteer, beneuk, maar magtig.
In my eie lewe is Augustus niks lekker nie. Ek haal gewoonlik Januarie se voornemelysie uit, skink ‘n glas wyn, steek wierook aan en besef ek het nie eers ‘n sestiende van my voornemens bereik nie.
Wat nog gepraat van dit aandurf. Die afgelope sewe jaar verander die eerste inskrywing op my lysie nie.
“Eet minder” staan eerste, maar dit het weer eens nie gebeur nie.
Die probleem van hierdie maand lê egter by die feit dat hy met baie onsekerhede gepaard gaan.
Wat is die Desember-planne? Waar hou ons Kersfees? Watter rekening moet nog betaal word? Wie is verantwoordelik vir die en daai? Dis so te sê chaos. Dis amper Kersfees, maar ook nie. Ons is net-net deur die eerste helfte van die 365 dae, maar dit voel nie so nie. Waar presies is ons, en wat moes ons teen hierdie tyd al gedoen het?
Die dae raak langer en die werk meer, geld raak minder en pryse hoër. Dis eintlik net sleg. Ek kort ‘n pouse, maar dit maak nie sin om nou een te neem nie, want oor ‘n paar maande rus die hele land. Eintlik die hele wêreld. En ek wil nie ‘n loser wees nie. Hou bene, hou!
Ek is tans in die bevoorregte posissie om ‘n huishulp te kan bekostig. Dit klink baie dramaties. Maar dis werklik ‘n voorreg. Ek is nie ‘n slordige mens nie, en nog minder hou ek daarvan om onnodig vuil te maak, maar daar is net iets aan die gevoel van ‘n huis nadat ‘n huishulp daar was. Niémand, maar niémand kan ‘n bed soos ‘n huishulp opmaak nie.
Ek het vir ‘n geruime tyd een gehad, wat vandat ek in Windoek woon, vir my gewerk het. Sy was dierbaar en het nooit oor die oorblyfsels van my stoepkuiers gekla nie. Ek het van haar manier van werk gehou en haar gehelp om haar kinders se skoolklere en boeke in ‘n toestand te hou dat dit nie lyk of hulle skoolgaan by ‘n skool wat nie geld het nie.
Intussen het iets met hulle gebeur en hulle moes trek. Ver. Tot in die Noorde, na ‘n huisie langs haar ma s’n. Ek was baie hartseer omdat sy ‘n groot deel van my lewe in Windhoek vergemaklik het, maar nietemin. . . Dit was goed, maar dis nou klaar. Ons kyk nie terug nie.
Vir ‘n paar maande sit ek sonder ‘n huishulp. Ek wou nie net enigiemand weer in my ruimte toelaat nie.
Jy moet hare op jou tande hê om my leefstyl te verstaan. So maak ek hier skoon, vee bietjie daar af, trek dié oor en smeer olie op goed wat eintlik net afgevee moet word.
So raak ek skielik bewus van hoe hard huiswerkers werk. Net die bietjie wat ek gedoen het om die fort te hou, laat my enkels, skouer en boarms in die aand soos ‘n kopseer klop. Ek pyn.
So besluit ek: Ek kort weer iemand. My geestestoestand vat ‘n knou.
Ek wil vir iemand vertel hoe sleg my dag was en hoe min lus ek is. Ek wil weer met iemand deel hoe baie ek my ma-hulle en die ander familie in die Kaap mis.
Iemand moet luister. Ek bel rond en vra by die werk of hulle nie van ‘n huishulp weet nie. Ná ‘n soektog wat byna drie weke geduur het, spoor ek iemand op. Ek is opgewonde, dink ek toe ek reël dat sy twee Saterdae gelede moet aantree.
Ek staan vroeg op, ruk so die ergste reg en laai twee bondels kleur en een bondel wit in die wasmasjien. Die ketel was net klaar gekook toe my foon lui. Dis sy.
Sy staan voor die hek in ‘n flaminkpienk rokkie en ‘n paar Crocs. Ek maak oop. En daar trek ek en die nuwe huishulp weg en gesels ons mondhoeke droog. Ek hoor van haar kinders, vorige werkgewers en haar jongste broer wat met ‘n wit meisie trou. Dis heerlik. Sy luister na my gekerm oor deadlines, inleidings vir my nuwe boek en hoekom “huidiglik” nie ‘n woord is nie.
Ek hang saam wasgoed op en maak vir ons middagete. Dis ‘n fees, man.
Later daai aand, dit was al ná agt, toe vou sy die laaste Jockey op. En toe is sy weg. Daai aand lê ek in die bed en vergeet van Augustus en al sy ombeskofte maniere.
Ek het nóg ‘n engel in my lewe bygekry en sy maak my bed die beste op.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie