Aupindi en Di Savino: Uitspraak kom Februarie
Augetto Graig
Die korrupsieverhoor van die voormalige besturende direkteur van Namibia Wildlife Resorts (NWR), mnr. Tobias Aupindi, en die sakeman mnr. Antonio di Savino is tot 21 en 22 Februarie vir uitspraak uitgestel.
Dít volg nadat landdros Helvi Shilemba Dinsdag nie beskikbaar was om uitspraak in die saak te lewer nie.
Die twee beskuldigdes is deur die Teenkorrupsiekommissie (ACC) aangekla nadat Di Savino glo vir die bou van 'n swembad by Aupindi se huis betaal het - dít in ruil vir NWR-tenderkontrakte.
Die verhoor het in Februarie 2012 voor landdros Shilemba begin.
Die klagte was dat die twee vals inligting aan 'n ACC-beampte verskaf het, alternatiewelik dwarsboming van die gereg.
Die staat beweer Aupindi en Di Savino het in Maart en April 2010 vir die ACC-ondersoekbeampte gelieg deur voor te hou Aupindi het in 2006 self N$50 000 vir die installering van 'n nuwe swembad by sy huis in Windhoek betaal, terwyl Di Savino glo vir die swembad betaal het.
Di Savino het na bewering besigheid met NWR gedoen toe Aupindi nog nie in beheer daarvan was nie.
Met die sluiting van die staat se saak teen die twee beskuldigdes het hul prokureurs 'n aansoek vir landdros Shilemba se onttrekking gebring.
Die hooggeregshof het op 14 Julie 2017 beslis die hoërhof was korrek om dié aansoek van die hand te wys.
Waarnemende appèlregter Theo Frank het in sy uitspraak gesê landdros Shilemba was reg toe sy geweier het om haarself van die verhoor te verskoon en ook dat die hoërhof korrek was toe dit Aupindi en Di Savino se aansoek van die hand gewys het.
Appélregters Sylvester Mainga en Elton Hoff het met Frank se uitspraak saamgestem.
Aupindi is verder beveel om die regskoste van die landdros, die aanklaer-generaal, die ACC én die prokureur-generaal in die appèl te betaal.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie