Aupindi kry hou in teen ACC
Denver Kisting - Die oud- uitvoerende hoof van Namibia Wildlife Resorts (NWR), Tobie Aupindi, sê die Teenkorrupsiekommissie (ACC) moet daarteen waak om nie vir politieke heksejagte misbruik te word nie.
In ’n sterk bewoorde verklaring het hy gister uitgevaar teen dié waghond en die regstelsel oor die ontbering wat hy glo aan die hand van dié liggame gely het.
Aupindi, wat verlede week in die Windhoek-landdroshof aan ’n oortreding onder teenkorrupsiewetgewing skuldig bevind is, sê sy standpunt oor die euwel van korrupsie was deurgaans dieselfde en bly glo onveranderd: Dit beroof die land van kosbare hulpbronne en geleenthede.
Maar, sê hy, die wanindruk word geskep dat hy aan korrupsie skuldig bevind is, terwyl hy volgens hom nét daaraan skuldig bevind is dat hy vir ’n beampte van die ACC gelieg het.
Hy sê voorts hy het reeds die boete van N$50 000 betaal, maar oorweeg om teen die skuldigbevinding en straf te appelleer.
Aupindi was die afgelope week getrou aan die sy van die minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Katrina Hanse-Himarwa, tydens haar korrupsieverhoor in die hoërhof in Windhoek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie