Aupindi moet N$50 000 hoes
Die voormalige NWR-baas en Swapo-leier moet betaal – of 30 maande agter tralies sit.
Augetto Graig
Ná hul saak vir 10 jaar voortgesleep het, is dr. Tobie Aupindi en sy medepligtige, Antonio di Savino, gister tot 'n boete van N$50 000 elk of 30 maande tronkstraf gevonnis.
Dít indien hulle nie daarin slaag om die boete te betaal nie.
Landdros Helvi Kauna Shilemba het dié vonnis opgelê.
Die saak spruit voort uit die aanlê van 'n swembad deur LIC Pools by Aupindi se huis in Hochland Park waarvoor Di Savino betaal het.
Dít na bewering in ruil vir tenders wat deur Namibia Wildlife Resorts (NWR) aan hom toegeken is.
Aupindi was ten tyde hiervan dié groep se besturende direkteur.
Die twee is skuldig bevind aan die verskaffing van valse inligting aan mnr. William Lloyd, 'n ondersoekbeampte van die Teenkorrupsiekommissie (ACC).
Gedurende die vonnisoplegging het Shilemba gesê beide mans is hoogs gekwalifiseerd en was ten volle bewus van die implikasies van hul dade.
Volgens hom is hul status as werkgewers, gesinsmense en, in Aupindi se geval, 'n politieke leier, ook in ag geneem.
Aupindi is 'n lid van Swapo se sentrale komitee en politburo.
Sy verteenwoordiger, adv. Richard Metcalf, het gesê Aupindi sal sy politieke leierskap weens sy skuldigbevinding moet prysgee.
Hy het klem daarop gelê tronkstraf sal 'n groot impak op Aupindi se werknemers, huisgesin en uitgebreide familie hê.
Adv. Louis du Pisani het namens Di Savino gesê hy is die pa van drie dogters, en is nodig vir die voortbestaan van ten minste twee besighede wat onderskeidelik 33 en ses werknemers in diens het.
Hy onderhou glo ook sy sieklike ma.
Die staat, wat deur die aanklaer me. Arrie Husselmann verteenwoordig is, het vir twee jaar gevangenisstraf sónder die opsie van 'n boete gevra.
Husselmann het gesê korrupsie en bedrog is ernstige oortredings wat al meer in Namibië voorkom.
“Korrupsie is 'n oortreding wat die wortels van die samelewing binnegedring het, en op 'n daaglikse basis in ons howe aangespreek word,” het sy gesê.
“Die hof moet die boodskap uitstuur dat oneerlikheid nie verdra sal word nie,” het sy gesê.
Verteenwoordigers vir die verdediging het benadruk die beskuldigdes is nie aan bedrog of korrupsie skuldig bevind nie, maar net aan die verskaffing van valse inligting.
'n Groep Swapo- en Aupindi-ondersteuners was in die hof om die vonnisoplegging aan te hoor.
Na afloop hiervan het die landdros die hof verlaat, waarna Swapo-liedere in die hofsaal opgeklink het.
Die balju moes ondersteuners om stilte vra tot die verrigtinge afgehandel is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie