Aus se inwoners moet saamstaan - Scholtz
Aus se inwoners moet saamstaan - Scholtz

Aus se inwoners moet saamstaan - Scholtz

Gerine Hoff
Die woestyndorpie Aus op die rand van die grote Namibwoestyn se kliniek is onlangs opgeknap en ’n lykshuis is bygevoeg.
Volgens streekraadslid mnr. Jan Scholtz, bring ander beleggings deur die regering mee dat die dorp se inwoners nou 24 uur per dag toegang het tot skoon water en die eerste fase van ’n projek om ontslae te raak van ­emmertoilette vorder goed.
Met die nuwe retikulasiestelsel is nog twintig toilette bygevoeg en die hoop is dat die emmerstelsel later vanjaar iets van die verlede sal wees.
Rakende ontwikkelingsnuus, is 20 nuwe erwe te koop met verskeie ander wat reeds opgemeet is, maar nog gediens moet word.
Deur middel van ’n vervreemdingsproses besit 27 bejaardes nou ’n huis van hul eie.
“Ons het ook grond beskikbaar gestel vir ’n swart bemagtigingsgroep om ’n vulstasie op die hoek van die Rosh Pinah-pad te bou en ’n lodge by die CC Kamp. Ons hoop vir hierdie ­ontwikkeling is dat dit werk sal skep en armoede sal verlig,” het Scholtz gesê.
’n Probleem is egter dat inwoners hulle blykbaar nie self kan of wil help nie, het die raadslid gesê. As voorbeeld verwys hy na N$60 000 wat in die toeriste-inligtingsentrum ingeploeg is. Die gebou staan vandag steeds leeg.
Scholtz sê die sentrum se bestuur is aan die dorp se jongmense oorhandig en die gemeenskap is aangemoedig om daarvan gebruik te maak, maar tevergeefs. Ander voorbeelde waar die gemeenskap kan baat, is deur ’n konsessie van die ministerie van die omgewing en toerisme by die Garub Pan en die bekende wilde perde van die Namib.
“Ongelukkig word hierdie geleent­hede nie benut nie en dit in die lig daarvan dat die konsessie net ses of sewe jaar geldig is. Die gemeenskap moet saamstaan en met ’n plan vorendag kom,” het Scholtz gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!