Aus spog met sy eie Puma
Dit is nie meer lank nie, of motoriste sal by die Puma-diensstasie op Aus kan kom aanklop vir heerlike versnaperings terwyl hulle brandstof ingooi en bene rek.
Elizabeth Josef op Aus
Steve en Karen Prinsloo woon die afgelope 30 jaar op Aus.
Hulle is dit eens wanneer hulle sê niks het maklik vir hulle hier aangekom nie.
“Alles het destyds met grondpaaie begin. Ons het geen elektrisiteit gehad nie, net 12 volt-pompe en kragopwekkers. Die helfte van die dag het ons water gehad en ook ’n goeie bankbestuurder wat vir kort rukkies kon help,” vertel Steve.
Die nedersettling lok buitelanders asook Namibiërs wat heen en weer tussen Lüderitz, Rosh Pinah en Oranjemund reis.
En nou is daar ’n Puma-diensstasie ook.
Behalwe vir die vulstasie, is daar ook ’n eenstopwinkel waar kliënte alles van biltong, chill bites en droëwors tot tuisgebakte vleispasteie en nog vele meer kan koop om die hongerpyne te stil.
“Puma het ingespring en baie gehelp met verbeterings en planne, en alles lyk uiteindelik soos dit moet. Sodra alles gereed is, gaan ons spog met ’n pragtige, moderne vulstasie op Aus,” het Steve bygevoeg.
Die Prinsloos beplan om die beste diens te lewer aan almal wat Aus en sy beroemde Bahnhof Hotel en Klein Aus Vista besoek.
“Net die beste diens vir al ons kliënte, en ons sal altyd help waar ons kan. Verder sal daar ten alle tye genoeg brandstof wees en kan kliënte 24 uur per dag hier kom aanklop om vol te maak,” het hy gesê.
Steve sê die nedersetting se inwoners is opgewonde om meer besoekers te lok wat kom aandoen en oornag by die plaaslike verblyf- en kampgeriewe wat met luukse afwerkings spog.
Die diensstasie en die eenstopwinkel word ten volle deur die familie besit en sal vroeg volgende jaar gereed wees om gaste ná ’n amptelike opening welkom te heet.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie